SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Steward van Wyk
is op 23 September 1959 gebore. Nadat hy ’n aantal jaar betrokke was by sekondÍre onderwys, is hy tans voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy het al verskeie navorsingstukke gepubliseer. Hy is koŲrganiseerder van die IiLwimi Sentrum by UWK en het al op die redaksie gedien van verskillende literÍre publikasies.

Hibriditeit, of die baster in ons

    We should define more clearly the trajectory and the territory of the mťtis, the baster, the bastard, the hybrid, the creole
    — Breyten Breytenbach

    Van die ou Grieke van Athene was daar gesÍ dat hulle so ’n grootse klomp mense geword het, geestelik, omdat hulle “such bastards” was. Die bastards van die lewe — dis nou ons. In die sin van uitteel, nie inteel nie
    — Adam Small

Inleiding
Die voorbrand vir hierdie LitNet-beraad lÍ ’n verband met die Sestiger-simposium van 1973. Toe dog ek, waarom nie met daardie deur in die huis val nie, met Breyten Breytenbach se “blik van buite”. Sy verwysing na “’n bastervolk met ’n bastertaal” omvat ’n kernelement van die begrip hibriditeit: vermenging, uitteel, uitgroei en die waarskuwing teen verstarring. VroeŽr reeds in “bruin reisbrief” is dit sy vermaning en versugting “dat jy wat te klein was / om op te neem / tog iewers in ons groot land nog opneembaar is, en verder, “(m)y broer, my dor, verlate broer:/ iets wens dat mens weer in jou groei / dat alles groots, Afrikaans, gaan word / en jy ook in mensbruin mense bloei”.

En dan ook by diť geleentheid, in “Krisis van ’n swart sestiger”, gee Adam Small ’n “blik van buite, van binne” en omvat daarmee die ambivalensie, ongedetermineerdheid en vloeibaarheid wat binne die postmoderne en postkoloniale denke aan die term gegee word. Maar, ’n verwante vraag is ook: hoe hanteer die argetipe baster hierdie nuwe viering van basterskap? ’n Moontlike implikasie aan die hand van Small sou ook kon wees: hoe hanteer die voorheen uitgeslotene die nuwe inklusiwiteit?

Hibriditeit in postkoloniale teorie
Die konsep hibriditeit word nou geskakel met prosesse van identiteitsvorming wat veral in postkoloniale studies baie aandag geniet. Papastergiades (1997:259) voer tereg aan dat wanneer identiteitskepping gegrond word op ’n eksklusiewe grens tussen “ons” en “hulle” dan word die hibried gesien as ’n vorm van gevaar, verlies of agteruitgang. Indien hierdie grens egter positief gemerk word, in terme van uitruiling en inklusiwiteit, bied die hibried vitaliteit en krag. Hibriditeit onderhandel dus verskil. ’n Baie vlugtige kyk na die geskiedenis van die konstrukte Afrikaans, Afrikaner, Afrikaanse behoort hiervan ’n aanduiding te gee. Die polities-ideologiese kontestasie rondom diť konstrukte hoef ek nie hier op te diep nie. Ek volstaan met die waarneming dat daar in die huidige tydsgewrig ’n meer inklusiewe betekenislading daaraan toegeken word.

Binne die postkoloniale teorie het die term veral ’n versets- en ondermynende waarde. Homi Bhabha (1994:114) voer aan dat “(h)ybridity is a problematic of colonial representation and individuation that reverses the effects of the colonialist disavowal, so that other ‘denied’ knowledges enter upon the dominant discourse and estrange the basis of its authority”. In die proses word ’n “third space” geopen: ’n grys, ambivalente tussen-ruimte waarin konflik en kontestasie, maar ook akkommodasie en samewerking moontlik is.

Bhabha beklemtoon die vormlike aard van versetkultuur, ’n dimensie wat ook deur Young (1996:22-26) belig word in sy genealogie van die term hibriditeit. Young herlei Bhabha se gebruik van diť term na Bakhtin se siening oor taal: die konkrete, sosiale dimensie van taal, waarvan dubbelstemmigheid ’n kenmerk is, word beliggaam in hibridiese vorme waardeur gesag ondermyn word. In Bhabha se analise van die koloniale diskoers kom die dubbele Bakhtiniaanse betekenis van diť term na vore:

  • in wese en organies is hibriditeit sinkretisties; dit is nuwe vorme wat deur onder andere appropriŽring en kreolisering van meesterkodes tot stand kom.

  • in werking is dit karnavaliserend; dit ondervra en ondermyn deur die skep van radikale, heterogene vorme.

Hiermee gaan saam ’n aantal prosesse wat tekenend is van die dekonstruktiewe werking van kulturele bewegings uit die marge en wat beskryf word deur terme soos desentreer, destabiliseer, dialogies en diaspories. Enkele strategieŽ wat al geÔdentifiseer is, is die fantastiese, groteske, chaotiese, die parodiŽrende herhaling of omkeer van dominante kodes, die vervreemding van die bekende, die verwringing van meesterstylfigure (“master tropes”), die breuk met taalreŽls. Daar is ook ’n afwysing van die lineÍre narratief, chronologiese tyd en realisme wat aan ’n bepaalde literatuuropvatting gekoppel word. BygesÍ, hierdie strategieŽ is eweneens kenmerkend van postmodernistiese kodes wat die gevestigde sekerhede bevraagteken.

In postkoloniale studies word daar gefokus op die stem van die Ander, die subalterne wat terugskryf op die sentrum en die dominante koloniale kodes omkeer. Die manicheaanse opposisies tussen wit — swart, beskaafd — barbaars, ontwikkeld — primitief, ens word bevraagteken. Orale, populÍre en folkloristiese elemente word as strategieŽ aangewend.

Hierby sluit swart Afrikaanse skryfwerk aan: die alternatiewe geskiedskrywing, die opskryf van ’n ander leefwÍreld, die soeke na positiewe identiteitskonstrukte, die valorisering van miskende kulturele uitings, die vind van ’n eie estetiek en ’n eie taal.

Enkele strategieŽ wat deur die post-1976 generasie swart Afrikaanse skrywers aangewend word, is onder andere die prosa-agtigheid van liriese diskoers, solidÍr-verklaring van ervaring, die gebruik van die alledaagse spreektaal en die ironisering van die gevestigde tradisie (kyk Willemse, 1997). Dit is aspekte wat tot die herdefiniŽring van die kanon gelei het en daarin verreken moes word.

Hibriditeit behels dus dat dit wat vreemd en onbekend is, vertaal word in die bekende en aanvaarbare en gevolglik legitieme status verkry. Sodoende word die proses van demonisering omgekeer en verplaas. Dat die proses deur mag gereguleer word, is voor-die-hand-liggend, want die mag van die sentrum legitimeer die nuwe word, al sou dit dan onder druk geskied. Anders skilfer dit in so ’n mate af dat ’n nuwe sentrum, die hibried, die mag oorneem en besit en so gaan die proses aan.

Na alles is die slotsom dat hibriditeit ’n wesenskenmerk van alle kulture is. Ta Vuurmaak in Vatmaar sÍ van biltong-maak: “Die witman wou dit eers nie eet nie, maar nou sÍ hulle dis hulle se uitvindsel — soos met alles van ons wat goed is. Hulle vat altyd die beste vir hulle” (p 86). In weerwil daarvan dat ons aan kultuur in terme van stilstand, essensies en absoluuthede dink, word die proses beklemtoon en ’n belangrike strategie daarin is appropriŽring. Hoe anders sou Afrikaans so kon gedy sonder die invloede van Khoi, slawe, Hugenote en Hollanders! In tye van oorgang, soos ons dit tans beleef, blyk die nate, die openinge, die littekens en restante van die oue nog duidelik en voed ons angstig die baba wat die nuwe kroonprins(es) moet word.

Dit is ook nie verbasend nie dat ons in hierdie tussenfase besonder gemoeid is met die karakter van die tussen-mens, die hibried: Tsafendas, Pieternella, die mense van Vatmaar.

Mťtis, baster, mulat, hibried
’n Verbandhoudende term is mťtissage wat tans, soos die term hibriditeit, gebruiksfrekwensie verkry in die postkoloniale teorie. FranÁoise Verges (1998:2) beskryf mťtissage so: “the narrative of mťtissage as a poetics and politics of blood (is) inseparable from the dominant narrative about identity, the narrative of authenticity and inseparable from the colonial world and its narrative of segregation”. Benewens die biologiese feit van vermenging is die verwysing na outentiekheid en suiwerheid insiggewend. Voorts word binne die koloniale wÍreld ook ’n waarde daaraan toegeken wat wissel tussen ambivalensie, angs, ontkenning, kompromie en ondermyning (Verges, 1998:2). Die subversiewe mag van mťtissage verklaar die aanneemlikheid daarvan vir die postkoloniale teorie; dit is soortgelyk aan die waarde wat aan die term hibriditeit toegeken word.

’n Verdere verbandhoudende term is mulat wat grootliks binne die omskrywing van mťtissage hierbo val. Diť term is ingeweef in die geskiedenis van wetenskaplike rassisme in die negentiende eeu (1). Dit omskryf die afstammeling van ’n wit, Europese pa en ’n Negerma. Ambivalensie omgewe die term; dit het die allure van bloedvermenging, skande en buite-egtelikheid, maar bedui ’n beter sosiale posisie as die term Neger vanweŽ ’n nader posisie aan die positiewe waarde, wit.

Ondanks ons geskiedenis van bloedvermenging, is dit opvallend dat die mulat-gegewe weinig aandag in ons kritiese en kulturele omgang het (2) . Die term het in Afrikaans nie enige noemenswaardige frekwensie nie. Dit sou natuurlik toegeskryf kon word aan die negatiewe betekenislading, maar aan die ander kant het Afrikaans sy eie term geskep om die gegewe te beskryf: kleurling, met die denigrerende, mensonterende betekenis wat daaraan deur apartheidsideoloŽ toegevoeg is.

Hierdie gegewe word egter afwisselend en oorwegend subtiel deur Adam Small aangeraak en is verweef met sy opvattings rondom identiteit. Diť term, mulat, is vir hom meer aanvaarbaar as “kleurling” (3). Hy sÍ daarvan:

    Dis nou ’n mens ... wat in die lewe nůg swart nůg wit nůg wat ook al is. ’n Mens wat hom eintlik roem op sy eie gemengdheid. Van die ou Grieke van Athene was daar gesÍ dat hulle so ’n grootse klomp mense geword het, geestelik, omdat hulle “such bastards” was. Die bastards van die lewe — dis nou ons. In die sin van uitteel, nie inteel nie. Wanneer jy inteel word jy gebreklik (Rapport, 6/3/94, p 23).

Small se inkleding van die term is meer in terme van ’n intellektuele, geestelike houding en kwaliteit, as kleur. Elders word dit ook eksplisiet uitgespel as hy aanvoer dat die mulat vir hom verteenwoordigend is van die middelposisie, “the odd man out”, maar ook die aardse, die een wat hovaardy, burokrasie en dogma aarde toe bring met satire en skeptisisme: “(m)ulatte vat nie ‘top-down’ nie” (Die Burger, 19/8/93, p 11). Met hierdie betekenisinhoud sluit Small aan by die postkoloniale teorie wat aan die terme mťtissage en hibriditeit positiewe waarde toeken.

Die baster, bruinmens, gekleurde, kleurling is in die Suid-Afrikaanse skryfwerk steeds ’n enigma en ’n verskynsel wat aan uiteenlopende representasies onderwerp word. Ondanks Small se positiewe inkleding van die mulat, bestaan daar veel meer negatiewe mites, stereotipes en stigmas rondom bogenoemde konstrukte waarop ek nie hier te breedvoerig wil ingaan nie. Wat my dikwels opval, is dat Jakes Gerwel en ook Vernie February se baanbrekerstudies oor die konsepsies van gekleurdes in die (Suid-) Afrikaanse letterkunde vir ’n generasie swart studente in Afrikaans steeds bybly. Die stereotipe van die “jollie hotnot” en “ek het maar saam met die baas gekom” is — by gebrek aan verdere indiepte studie en soms ook ten onregte — ’n beskrywing van ’n ervaring wat hulle teen wil en dank deel en ’n stigma wat met wrewel en worsteling hanteer word.

Dit verklaar ook die weersin van die jonger skrywers — Kirby van der Merwe, S P Benjamin en ander — teen enige vorm van kleuretikettering. Die opgaan in ’n anti-rassistiese (waarvan swart een is), maar ook onbeskaamd Afrikaanse identiteit is vir ons jonger en ouer geslag ’n teenstrategie vir die kleuridentiteite, wat dikwels onnadenkend en arrogant deur mede-taalgenote en ander Suid-Afrikaners opgeplak word.

Om terug te keer na die representasie van kleurlinge: dit was vir my interessant om te kyk na drie redelik onlangse skrywersmemoires waarin kleurlinge figureer. Miskien omdat dit ’n meer direkte kyk gee wat nie gemedieer word deur die konvensies van die literÍre genre nie en dus aan ’n mate van skadeloosstelling onderhewig kan wees.

In J M Coetzee se Boyhood is dit die beeld van die enigmatiese en irrasionele wat voordoen. Die jong J M mymer oor sy ma se naÔewiteit: “Why he asks in exasperation, does she have this faith in Coloured people? Because they are used to working with their hands? Because they have not gone to school, because they have no book-learning, she seems to be saying, they know how things in the real world work” (pp 36-37, kursief oorspronklik). Later verval die verteller in essensialistiese indrukke: “he is also Coloured which means that he has no money, lives in an obscure hovel, goes hungry”. By hierdie patetiese beeld word ’n blik gewerp op die feodale uitgelewerdheid van die kleurling. By gebrek om dit alles te verwerk, bly daar by jongeheer J M, ten slotte, ambivalensie en ’n teruggryp na die oer- en onverdorwe mens: “the Coloureds were farthered by the whites, by Jan van Riebeeck, upon the Hottentots ... in the Boland the people called Coloured are not the great-great-grandchildren of Jan van Riebeeck ... They are Hottentots, pure and uncorrupted” (pp 61-62).

Hierdie romantiese piŽtisme word ook aangetref in Breyten Breytenbach se Dogheart. Kyk na sy portret van Oupatjie Snoek: “(h)e is fast asleep, curled up like a withered foetus or like a shell listening to its own susurration. It is Monday and he must still sleep off Saturday night’s drunkenness” (p 76). En sy beskrywing van FranÁois Krige se sketse van Krisjan: sy “melancholy glory, his majesty and massive presence fill the cloth”, maar hy is ook ’n “emblem of a broken humanity ... sad nomad” (p 108).

En dan in die outobiografiese tussenposes in Domein van glas, Henk van Woerden se verhaal oor Tsafendas, kry mens die blik van buite, die “pynlike soort andersom-kyk” op die kleurling: “Kleur is iets waaraan jy ly, onmiskenbaar ’n aandoening. Waarom, vra ek myself as skolier af, kry ’n twyfelagtige afkoms altyd ’n naam wat klink soos ’n ongeneeslike siekte: halfbloed, kreool, baster, halfnaatjie, kleurling, mulat” (p 19). En verder: “elke bruin persoon was die vleesgeworde bewys van blanke bedorwenheid, ’n wandelende skaamteobjek” (p 173).

Dit sou onregverdig wees om hierdie beelde steeds as die enigste in ons geesteslewe voor te hou en/of ongekwalifiseerd toe te skryf aan die outeurs. BygesÍ, in die skryfwerk van Adam Small, A H M Scholtz en ’n groeiende klomp ander skrywers kry mens ’n beeld wat heel anders daar uitsien: ’n genuanseerde beeld van mense wat die gruwele van apartheid oorleef en oorstyg het, die slagoffer daarvan was en soms ook meedoener daaraan was en uiteindelik worstel vir ’n plek in die nuwe Suid-Afrika!

En tog is hierdie representasies onlangs nog ingeskryf in ons letterkunde en voed dialogies die openbare mening. Dit is dus nie vergesog nie om te dink dat dit die beeld is waarmee witmense in hierdie land op(ge)groei (het) en dus steeds in die onderbewuste ronddra.

Wat verder ook tot nadenke stem, is juis die ontkenning van die hibriditeit van die Ander. Daar is deesdae veel meer van ’n bewuswording en verdraagsaamheid van die uiteenlopende identiteite wat voorheen saamgegooi is onder kleurling en insgelyks geopponeer is deur die generiese term swart. Die gevaar om in etniese of rasse-politiek te verval, bestaan steeds, so ook die opportunisme wat maar altyd saamloop. Dog, die anti-rassisme wat die viering van identiteite in die huidige konteks bevorder en behoort te dryf, steun op die aanname dat ’n swart politieke identiteit nie kompeteer met ander identiteite nie en dat verskillende aspekte van subjektiwiteit, onder andere polities, kultureel daardeur gedra word.

Slot: die (Suid-)Afrikaanse gesprek
Wat my veel meer interesseer, is hoe rym dit met die viering van hibriditeit wat ons tans beleef, die inklusiewe Afrikaansheid en met die idee dat Afrikaans se oorlewing by die bruinmense lÍ?

Diť idee word taamlik geesdriftig deur bruin segspersone gesteun. Onlangs sÍ Peter Marais onder die opskrif — “Afrikaans het bruines deesdae meer nodig as andersom” (Die Burger, 10/6/00, p 13) — ’n ding wat Small ook al vroeŽr gesÍ het: dat wit Afrikaanssprekendes wat afgedwaal het agter apartheid aan, moet terugkeer na die Afrikaanse huis wat deur hul bruin mede-Afrikaanses gehou is. En Ebrahim Harvey, in ’n gewraakte artikel oor die rasse-geskiedenis van Afrikaans: “it is unlikely that Afrikaans can be cleansed of its racist associations by those who invested it with them or benefited from apartheid rule. It is black people, largely the originators of the language and victims of racist rule, who must do so” (Mail & Guardian, 23/6/00, p 35)

As daar van bruin- / swartmense, laat ons dit maar sÍ, steeds ’n agterlike beeld rondgedra word, wat bedui dit vir bogenoemde projek en vir die vitaliteit van Afrikaans se voortbestaan? Beteken dit dat die hibried steeds met kwinksinnigheid, potsierlikheid en gevatheid vanuit die marge die sentrum sal verryk? Dat enkele elemente in die nuwe sentrum geapproprieer word om die bolwerk te verstewig en die aanslae af te weer?

Ek wonder ook dikwels watter materiŽle belang die opkomende middelklas ťn werkersklas bruin / swart Afrikaanssprekende in Afrikaans het? Soms lyk dit na niks meer as die hoop op ’n pryslyntrekking nie. En hoeveel Afrikaners is bereid om sake met bruin / swart taalgenote te doen? Noudat al meer Afrikaanse maatskappye (Afrikanerkapitaal?) in die globaliseringskonteks sake in Engels begin doen, is Afrikaans nog net ’n bemarkingstruuk wat vir die bruin / swart Afrikaanssprekende om ‘t ewe is.

Eintlik is dit ’n groter politiek-ekonomiese kwessie wat pleit vir die opheffing van die oorgrote deel van ons gemeenskap; solank die materiŽle omstandighede heers wat ’n groot deel van die Afrikaanse spraakgemeenskap en die bevolking in die breŽ gevange hou in toestande van armoede, ongeletterdheid en werkloosheid, sal die oorlewing van Afrikaans steeds net ’n wit issue bly. Dit verklaar miskien die stilswye en teŽsin van bruin / swart Afrikaanssprekendes om aan die Afrikaanse gesprek in sy verskillende geledinge mee te doen.

Daar is ’n groter Suid-Afrikaanse projek om aan te bou, een waartoe Afrikaans en Afrikaanssprekendes vanweŽ hul hibriede aard ’n besondere bydrae kan maak: een van opheffing, bemagtiging, die skep van eie waarde, die omkering van gesetelde koloniale waardes, die vind van ’n plek in die Suid-Afrikaanse hibried.

Teoretiese werke

  • Bhabha, Homi K.1994. The Location of Culture. London & New York: Routledge.
  • Papastergiades, Nikos. 1997. Tracing Hybridity in Theory. In: Werbner & Modood, pp 257-281.
  • Verges, FranÁois. 1998. Notes on Mťtissage, Creolization, Hybridity and Politics. Referaat gelewer by konferensie: Race and Identity in Africa, Zanzibar, 11-13 Mei.
  • Werbner, Pnina & Modood, Tariq. 1997. Debating Cultural Hybridity: Multi-Cultural Identities and the Politics of Anti-Racism. London: Zed Books.
  • Willemse, H S S.1995. Dialogie in die Afrikaanse letterkunde met toespitsing op geselekteerde swart Afrikaanse skrywers. Ongepubliseerde D Litt-proefskrif. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Young, Robert. 1995. Colonial Desire: Hybridity in Theory, Culture and Race. London & New York: Routledge.

    Eindnotas

    1. Die beheptheid met rasseklassifikasie in die antropologiese wetenskap in die negentiende eeu lei tot uitgebreide lyste waarin die persentasie bloed in breukdele bereken word. Veral in Latyns-Amerika en ook ander gebiede waar slawehandel bedryf is, is die projek tot sy uiterste geneem. Spaans het byvoorbeeld 128 terme vir verskillende kombinasies van gemengde rasse, terwyl Tschudi se tabel van Peruviaanse verbastering, gereproduseer in Brown se The Races of Mankind (1873), 23 moontlikhede van bloedvermenging wat deur ’n unieke term benoem word, lys (kyk Young, 1995:175-177).

    2. In Afrikaans is daar ’n gemis aan tekste wat die mulat-tematiek omvattend aansny: die wroeging met gepaardgaande woede, verwyt, selfhaat en verset weens gemengde afkoms asook die problematiek van “passing”, deurgaan / wit speel. Small raak daaraan in Krismis van Map Jacobs met onder andere die karakter Blanchie.

    3. By herhaling kwoteer Small Van Wyk Louw om sy eie afkeur van die term te registreer. Small se selektiewe aanhaling en parafrase Van Wyk Louw is in sigself insiggewend. Een voorbeeld (Small, 1993:11) is die volgende:

        Die woord “Kleurling” ... vind hy (Van Wyk Louw — S v W) “’n nare woord met plantasie- en koloniale bysmake — en dalk nie eers goeie Afrikaans nie, ’n geÔmporteerde woord” ... en verkies die woord “bruinmense” (met ’n klein ‘b’ wat hy “as kind uit die mond van die bruinmense self leer gebruik het”. Hy voeg hieraan dan toe: “En waarom sou ons dit so met braai-in-die-son probeer verkry? En ‘wit’ vir ons kleur: dis tog maar beeldspraak ... Wanneer ons die dag regtig wit is, roep ons die dokter”.

      Die gekursiveerde gedeelte in die aanhaling is ’n invoeging van Small self en ontbreek in die stuk waaruit Small aanhaal — Van Wyk Louw se voorwoord tot D P Botha se Opkoms van ons derde stand. Dit hou verband met Small se eie voorkeur vir die term bruinmens waaraan hy ’n aardse, informele betekenislading wil gee.

    LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

    Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.