Argief
                            Koördineerder: Naomi Bruwer
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Daar word deesdae baie gepraat oor oppervlakkigheid:

  • Insig en LitNet word deur lesers daarvan beskuldig dat hul inhoud te “populêr” word
  • rondom kunstefeeste en populêre Afrikaanse musiek had ons die Jaco Botha/Sunette Bridges-debat
  • iewers agter alles huiwer die Goosen/Hofmeyr-backtracks-gesprek
  • ons verneem dat uitgewers net topverkopers wil uitgee en die poësie verwaarloos
  • rondom kerke verneem ons dat charismatiese kerke 'n toeloop ervaar en sommiges sien dit as 'n vlakwording van ons geesteslewe
  • ons hoor van die toneelwêreld waar produksies al meer kunstefees-gerig word
  • ook die media, verneem ons, word by die dag vlakker en al meer ingestel op sensasie; die klem val op vermaak, haas, geld ...

Wat word van die erns en die suurdeeg van die denke? Is daar nog plek vir die niekommersiële? Het ons kultuur nog breedte en diepte? Wat lê voor?

En/of/maar: Is dit nie juis deel van ons postmodernistiese wêreld, hierdie omgaan met populêre kultuurvorme nie? Lê daar nie juis groeipunte as "hoog" en "laag" ontmoet nie? Red die gewilde aanslag nie juis ons taal nie?

LitNet bied 'n aanlynseminaar aan oor die vraag rondom "die nuwe oppervlakkigheid", waarin ons wil besin oor die vervlakking al dan nie van verskillende aspekte van ons kultuurlewe, bv drama, letterkunde, godsdiensbelewing, die openbare debat, Afrikaanse musiek, die media, ens.

Media: Izelle Venter
Oor INSIG en oppervlakkigheid
"INSIG word steeds geposisioneer as ’n tydskrif met ’n unieke inhoud wat veral fokus op demokratiese waardes, suksesvolle mense, sake-inspirasie en die goeie lewe.
Ons word deur ’n paar Afrikaanses daarvan beskuldig dat ons diepte vir lekkerte verruil het. Daarmee stry ons nie. Dit was in der waarheid een van ons mikpunte."

Media: Izelle Venter
Oor INSIG
en oppervlakkigheid

"...ons nuwe strategie vir INSIG se voorblaaie is herkenbaarheid. Om onsself van nuuts te vestig en potensiële lesers te wen, is daar geen ander keuse nie."

Musiek: Andries Bezuidenhout
Die nuwe oppervlakkigheid en trourokke: ’n requiem
"Ek het ook beweer dat die Afrikaanse musiekmark deur ’n treinspoor in twee verdeel word – die bodorp, wat na Koos du Plessis luister en wyn drink, en die onderdorp, wat na Bles Bridges luister en brandewyn drink."

Godsdiensbelewing: Theo Geyser
Viagra God

"Ongelukkig dra die verwonding van die apartheidsteologie daartoe by dat vele hulle met weersin na ’n nuwe geestelike alternatief wend: Die Virtuele Viagra God, beter bekend as TBN of The God Channel."

Drama: Mike van Graan
Self-fulfilling prophets of superficiality?

"Like different brands of toothpaste, there are different markets for different kinds of theatre. The challenge to writers and directors of “serious” theatre is not to blame “Philistine” audiences, or purveyors of competing, more popular forms of entertainment for lack of support for their work, but rather to do the research, to find the audience for “serious” theatre, and to devise and implement effective marketing strategies to sustain and build this audience."
Musiek: Ilza Roggeband
Mozart is ’n ringtone

"Hou op met wroeg. Solank jy net Afrikaanse musiek ondersteun, nie CD’s kopieer nie en doen wat nodig is om jou hare te laat terugwaai. En as jy iets wil kritiseer, luister of lees dit ten minste eers. Die grootste kritici van Huisgenoot is mense wat erken hulle koop of lees dit nooit nie. Die mense wat die meeste hul monde uitspoel oor sogenaamde populêre kunstenaars, het hulle amper nog nooit hoor sing nie."

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.