Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Make a shorter link”

Hierdie aflewering gaan alweer oor die evil empire en kopiereg-nonsens, maar voor ek daarby uitkom, net eers iets ouliks. En nuttigs. Wie sit dikwels met sulke URL’s om te verstuur via e-pos?

    http://www.amazon.com/exec/obidos/ASIN/060980474X/qid=996074613/ sr=2-1/ref=aps_sr_b_1_1/107-7478371-2840526

Ek sit dikwels met hulle. En dis nog erger as mens hulle ontvang, want as jy die stuurder is, dan het die URL darem al vir jou gewerk. As jy die ontvanger is, moet jy die stukke eers aanmekaar gaan vasplak en jy weet nog nie eens of dit die moeite werd is nie. Gelukkig het ek die oplossing ontdek: gaan maak ’n draai by Make a shorter link en plak die lang ding in die boksie wat jy daar kry. Vir die bogenoemde string is die resultaat:

Heeltemal kort genoeg om in enige e-pos te pas. Albei gaan na presies dieselfde webblad toe, maar die eerste een is 107 karakters lank, en die tweede net 46. Jy kan selfs ’n bookmarklet kry om kort skakels mee te maak.

Die ouens wat Make a shorter link maak, skryf ook die Write the web nuusblad oor ontwikkelinge op allerhande gebiede soos internetwetgewing, mikrobetalings en kaarte van die internet.

Fahrenheit 451

Bo-aan hulle blad staan daar op die oomblik (26 Julie): Watch those radical librarians:

    The Association of American Publishers seems to find libraries and the free sharing of information they promote to be dangerously radical stuff.

Die uitgewerswese [1] het lankal genoeg gehad van biblioteke waar mense sommer kan instap en links en regs goeters lees sonder om self die boeke te gaan koop — of, beter nog, om te betaal elke keer as hulle ’n blad oorlees. Hulle sien die koms van die “informasie”-eeu as hulle kans om biblioteke die nek in te trap. As jy ’n elektroniese boek van Adobe koop, dan mag jy hom net lees waar en hoe hulle vir jou sê jy mag. Jy mag hom net op een rekenaar lees, jy mag hom nie vir iemand leen nie, jy mag nie daaruit kopieer nie (tensy jy ekstra betaal en ’n spesiale lisensie bekom); ek dink nie jy mag hom eens vir jou kinders voorlees nie.

Eintlik word al hierdie aangeleenthede lankal aangespreek deur kopieregwetgewing. Ons lewe al ’n eeu lank in die massa-samelewing sonder dat die media enige knou gekry het van die gemak waarmee foto’s, uitsendings of woorde vermenigvuldig kan word. Die enigste verskil is dat die internet dit vir antisosiale besighede moontlik maak om kopiereg te herskryf nes dit hulle pas, deur hulle interpretasie te probeer inbou in die elektroniese produk: boek, musiek of film.

Ongelukkig vir hulle is dit onmoontlik om reg te kry deur tegniese middele. Bruce Schneier sê dit mooi (sien [2]):

    Every time I write about the impossibility of effectively protecting digital files on a general-purpose computer, I get responses from people decrying the death of copyright. “How will authors and artists get paid for their work,” they ask me. Truth be told, I don’t know. I feel sort of like the physicist who just explained relativity to a group of would-be interstellar travelers, only to be asked: “How do you expect us to get to the stars, then?” I’m sorry, but I don’t know that, either.

    I am a scientist, and I explain the realities of the science. I apologize if you don’t like the truth, but the truth doesn’t change because people wish it would be something else. I don’t know how authors and artists will make money in a world of easy copyability. I’m an author myself, personally concerned about protecting my own copyright, but I don’t know. I can tell you what will and won’t work, technically. You can argue whether my technical analysis is correct, but it just doesn’t make sense to bring social arguments into the technical discussion.

Vir ons is dit wel moontlik — maar ongelukkig deur die erosie van vryheid en privaatheid — deur die skep van ’n polisiestaat. Hel, onder ’n polisiestaat is dinge soos apartheid moontlik. In China, as ’n internetkafee nie optree as sensor en afluisterapparaat nie, maak hulle jou toe[3].

En in Amerika, op 17 Julie 2001 in Las Vegas, het die FBI die Russiese programmeerder Dmitry Sklyarov gearresteer na sy voorlegging by ’n konferensie oor internet-sekuriteit. In sy voorlegging het hy die sekuriteitsmeganismes van Adobe se e-books gekritiseer. Onder die voorsienings van die Digital Millenium Copyright Act is sulke kritiek onwettig. Volgens die DMCA is dit onwettig om informasie te versprei wat gebruik kan word om kopiereg te oortree. Indien iemand hulle publikasie beskerm deur dit met WinZip te compress is dit onwettig om dit te unzip.

You’ll ROT-13 in jail for this!

Hierdie voorbeeld is nie eens vergesog nie — een van die beskermingsmeganismes wat Dmitry bespreek het, was ROT13, die eenvoudigste enkripsiemetode op aarde.

Dmitry werk by ElcomSoft in Rusland. Hulle maak “password recovery software”. Ironies genoeg is een van grootste klante juis die FBI — maar dis OK, want volgens DMCA 1201(e) is dit OK vir die FBI om die sagteware te besit — selfs al behandel hulle die outeur as ’n misdadiger vir iets wat hy gedoen het in die normale gang van sy werk, in ’n land waar dit nie onwettig is nie. Dis net gewone Amerikaners wat nie mag nie (DMCA 1201(a)) [4].

Ou nuus

Eintlik is die uitgewers van elektroniese teks laatkommers by hierdie speletjie. Die Recording Industry Association of America (RIAA) het laasjaar in Oktober al vir Ed Felten, ’n Princeton professor, geïntimideer om nie sy kritiek op hulle anti-kopieëring tegnologie te publiseer nie. Dis dubbeld ironies omdat Felten se kritiek voortgekom het uit die industrie se eie publieke Secure Digital Music Initiative Challenge.

Felten is nie vervolg nie, maar dit is omdat hy monddood gemaak is [5].

Nou ja, genoeg worries vir een dag. Cheers!

Jean Jordaan

[1] Ja, sorry, ek veralgemeen nou sommer vir effek. Ek bedoel die multinasionale monopolisties-belustigde uitgewers en parasiete, soos byvoorbeeld die industrieë verteenwoordig deur die RIAA en die MPAA. Adobe is nie eens ’n uitgewer nie, hulle voorsien slegs tegnologie gemik op digitale publikasie.

[2] Uit The Futility of Digital Copy Prevention

[3] China shuts down nearly 2,000 Internet cafes: Xinhua. Vir meer informasie en skakels, sien Politechbot.

[4] Die volledige teks van die DMCA bevat ongelukkig nie skakels na die onderskeie afdelings toe nie, so soek maar op die blad vir “(a) VIOLATIONS REGARDING CIRCUMVENTION OF TECHNOLOGICAL MEASURES” en “(e) LAW ENFORCEMENT, INTELLIGENCE, AND OTHER GOVERNMENT ACTIVITIES”.

[5] Vir nog heelwat oor Felten sien Politechbot se argief.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.