|
Tekens van die tyeJean JordaanAlweer oor web en gemeenskap. Een van die enkele ware veranderings wat die web in ons lewens gebring het, was die hernude toegang van die individu tot die pers. Vir die afgelope paar jaar het die Internet gebloei as die enigste globale publikasiemedium wat nie deur korporasies besit en beheer word nie. Dit was nie moontlik of ekonomies om al die individue wat sonder winsbejag hulle drome met die wêreld deel, te beheer of te vervolg nie. Om hierdie stand van sake te beëindig, moes die magshebbers fokus op iets waarop hulle wel n greep kon kry. Hulle het dit gevind in die Internet-diensverskaffers: as hulle jou diensverskaffer kan wurg, dan hoef hulle jou nie eens persoonlik te vervolg nie jou diensverskaffer kanselleer eenvoudig jou diens. Daarvoor sorg hulle vir allerhande slegte wette in Amerika, maar meer nog in lande soos Australië [1] en Frankryk wat selfsensuur in die hand werk. Ek onthou nog goed hoe opwindend dit was om vir die eerste keer in mense se webtuintjies rond te dwaal, maar nou die dag het ek n paar goeie herinnerings gekry van hoe nuut die web is. Ek was daar toe die eerste mense begin skryf het en nou is ek hier wanneer hulle begin ophou. Heel toevallig begin party van die uitstekende eenmanpublikasies wat ek gereeld besoek, hulle virtuele deure sluit. Hier is wat Eric Costello skryf:
Ook ek het n ouma met wie dit sleg gaan. Stewart Butterfield skryf dat as dit nie vir sy betrokkenheid by die web was nie, hy omtrent nou besig sou wees om sy PhD te voltooi. Dit maak hom nie berouvol nie; hy sê:
Maar nogtans:
Sy afskeid is ewe mooi as wat sy vlietende observasies altyd was. Dack Ragus is die derde skrywer wat weer gaan goed soek om oor te skryf:
Een van die mooistes is die joernaal van Noah Grey toe ek hierdie aflewering begin skryf het, het ek geen idee gehad dat hy sou ophou nie. Toevallig was ek besig om iemand te vertel van Noah se vrye Greymatter sagteware, toe ek sien:
Baie mense het ingeskryf met reaksies soos i count myself among the lucky ones, simply for stumbling upon your journal. Die verniet medemenslikheid van hierdie geskryf op die wind is wat mense die meeste koester op die web. Daar is nie n program wat dit vir jou kan doen nie. Die fokus op die web as die plek waar alles gebeur, wat alles medieer, is die werk van dot.bomb korporasies sonder sosiale gewete of ordentlike besigheidsplanne. Die regte lewe is waar dit nog altyd was. Ons moet sorg dat die web op sy plek bly. Groete [1] vir meer oor net-sensuur in Australië, sien Danny Yee se blad oor Free Speech: Internet Censorship in Australia |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |