Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gebed vir vrede

Ria Roux

Berge, bome en blomme
God se handewerk, verniel deur mensgemaakte bomme

Gebroke harte, vernielde siele
Soek lafenis en troos in erotiek en dwelmriele

Moord, selfmoord, gesinsmoord
Skreeu die hoofopskrifte, in elke letter en woord

Wat het geword van vrede
In die węreld, ons eie land, in dorpe en stede?

Węreldleiers kom byeen om oplossings te beraam,
elkeen met sy eie agenda gebaai in grootheidswaan
VREDE! SKREEU DIE WęRELD, VREDE IS AL WAT ONS SOEK!

Verminkte wesens op ’n verminkte planeet
Die nood is hoog, help ons! word ’n kreet

Kindergesigte vertrek van honger en pyn
Oorlog en tweespalt - trek daardeur ’n reguit lyn

Beelde uit klippe gekap word neergevel
Baie juig terwyl ander skel

Hoe bou mens ’n aarde op deur vuurgloed verskroei?
Dit het tyd geword dat elkeen hom bemoei

Beveg die depressie en negatiwiteit
Ons wil weer die vryheidsklokke hoor, hard, duidelik en luid
VREDE IS WAT ONS SOEK! O GOD, GEE ONS VREDE!

In huise, kerke, moskees en kapelle word daar gebid
Eensgesindheid is nodig onder alle nasies, swart, bruin en wit

Kom ons as individu maak ons stem dik
Ons moet ’n verskil maak, ons is verantwoordelik vir ons eie geluk

Miskien, net miskien gebeur daar iets magies
Met die węreld se Sadam Hoesseins en Mugabes

Solank ons glo is daar ligpunte wel
Ons dae op aarde is nog nie getel

’n Beroep word gedoen op jou as mens
span saam en vervul die aarde se grootste wens
GEE ONS VREDE, GOD! VREDE OP AARDE

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.