Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

C’est la vie c’est la guerre

Joan Hambidge

’n Uitnodiging op die kuberruim:
“Stuur ’n vers in oor die oorlog.”
Oorlog in die Midde-Ooste
is oorlog op CNN en BBC.
Survivor as jy wil, net met die uitgestemde,
’n dooie soldaat, ’n mens, wat iewers
behoort het aan ’n gesin, familie, ’n toekoms.
Vir ons vermaak - ons kort nog net ’n filmster
of Oprah Winfrey, dalk ’n lekeprediker -
om die verpulping van hierdie oorlog
aan ons uit te spel. ’n Big Band
wat die “Stars & Stripes” uittrompetter
teen die hemelruim vol gifgasse
- waarvan die TV-kommentator beweer
dat sand soos grimering op sy gesig sit -
met kameramanne wat met vuil lense,
’n sinnelose oorlog via ’n digitale kamera
onmiddellik versend vir nog ’n aflewering,
’n episode, ’n vervolg op Oorlog in die Midde-Ooste.
Vanaand kyk ons weer en weer
na die woestyn. Na Bagdad.
Maar die werklike leed, verdriet,
gebeur agter die skerms. Dit word nooit vertel
of verfilm nie. Die ongerepeteerde pyn
van ’n moeder wat haar kind moes afstaan
aan ’n sterrelose uitspansel.
Nog nooit het ’n vers
so min beteken nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.