| in die middel van n oorlogToast Coetzerkoop koerant drink koffie skakel vriende lees die sportmet baie suiker oor alles en nog wat voor die res,
 (in die middel van n oorlog)
 skop bal in die park kap braaihout stukkend neem videos uithoog in die blou vir die kinders en die vrou dalk Go of Fargo of O Brother Where Art
 Thou,
 (in die middel van n oorlog)
 kyk na jou naels en wonder of dit n knip kort plant bolle en knolle in groen skadukolleverkoop koperdraadringe en allerhande dinge op Groentemarkplein
 asof n krag wat jy kan stopsit net om volgende winter weer terug te spit jy praat en jy
 praat maar dit bly in Sanskrit,
 (in die middel van n oorlog)
 jy kyk op na die berge waar die ribbokke swerwe kap jou daaglikse gerwe in die gangevan die stad skop skoene onder beddens waar vroue aan jou vat vir die kraaie is die dooie
 ooie prooi die bevrore vleis vat jare om te ontdooi looi dat die dik rooi sooie staan want
 dit bly vir jou mooi,
 (in die middel van n oorlog)
 |