| VernichtungsbefehlAndries BezuidenhoutInnerhalb der deutschen Grenzen wird jeder Herero, mit oder ohne Gewehr, mit oder ohne Vieh erschossen…  Generaal Lothar von Trotha, 1904
 Ferdinand, hierdie landlaat net besoekers toe -
 hulle laat soms koeëls en bottelskerwe agter
 wat heel toevallig onder duine bewaar word
 en dan, dalk ná n eeu, onverwags in die son blink
 om miskien opgetel te word, deur vingers bevoel,
 in n handpalm gerol, geweeg te word
 die wind hou reëlmatig aan met vee
 die duine skuifel ritmies oor die harde aardkors
 oor spore van Schutztruppe se stewels,
 perdepote, n slee se sleep deur modder
 wat verstar het, soos die blou oë, blonde hare
 wat onskuldig oor die visier gestaar het
 en getrou, miskien selfs gedwee
 die Vernichtungsbefehl gehoorsaam het
 Ferdinand, die klippe, die sand -ons ken nie die oorsprong van gneis nie,
 slegs die strepe laat ons raai
 die skis glimmer met spore mika
 maar ons kan net wonder oor hul ontstaan
 by Roter Kamm getuig n gat
 hoe die hemel die land bestook het
 met meteoriete van nikkel en yster
 wat aan flarde breek
 voor hulle brandend uit die lug
 hulself op die aardkors wreek
 en dan, as besoekers uit die buitenste ruim,
 die landskap vervorm en hulself deel daarvan maak
 om eers later in Windhoek, in n winkelsentrum
 vermonument en geklassifiseer te word -
 een middeldeur gesny en gepoets:
 blink in die blik van toeriste en die son
 Ferdinand, die berg wat brand -Königstein gloei as baken
 vir seevaarders op reis, n wit vrou
 word verewig op n rots se wand
 n offerhande van die tyd -
 lank voor die eerste piramides
 het inwoners van hiérdie woestyn
 figure op klip geverf, gekerf
 wat stories aan nageslagte moes vertel,
 maar nou stom in gesteentes verstik
 Ferdinand, flamink en kormorant -óók besoekers aan hierdie land
 soos soveel ander wat by oases en mere kom rus
 maar altyd verder trek,
 gemsbok en damara dik-dik langs die skedelkus
 in die sand lê ligene swart, die vensteralge
 bloei in kleure as hulle die mis oplek
 welwitschia mirabilis se twee blare verflard,
 wye romp van haarwortels soekend na vog,
 maar dis dor, en die lewe is tydelik,
 kortstondig vir tweeduisend jaar
 die voortbestaan van n spesie onseker,
 dit word slegs geduld
 kameeldoring, kokerboom en tamarisk
 boor diep die aarde in
 narra en tsamma reg vir pluk,
 n halfmens spook nog
 teen die Spitzkoppe-hange
 Ferdinand, altyd van die voete se kant -waai die wind n duinegraf oop
 en word die bene gerangskik, afdraand
 soos die sand die skelet ontbloot
 Ferdinand, selfs n diamantrus hier nie vir lank nie
 en word uitgesnuffel, gesif of gesuig,
 of solank bewaak in n Sperrgebiet
 maar doringdraad kan die mis nie keer nie
 net die son kan, en moet ook onskuld verdamp:
 ons luister nie meer na bevele nie
 ons blou oë kyk nie meer
 deur blonde kuiwe of visiere nie
 ons sagte velle te laat deur die son verleer
 Ferdinand, dis nou n ander landtóg keer ek soms terug as besoeker -
 die son gloei nog helder teen die Khomasberge
 by Karibib strek die savannas nog wyd
 die Namib se duine kruip nog statig, stadig soos altyd
 in Ovamboland vloei die Kunene konstant
 na April sif die Oosweer nog warm op Swakop neer
 skurwe berge herberg steeds bome in droë Damaraland
 maar weet jy,
 al waai Gathemanns se vlae steeds op die balkon,
 bedien hulle al lank nie meer ontbyt nie
 al is Swakopmund nog gehul in die mis,
 is die jetty jare terug met doringdraad gesluit
 in Windhoek het Keiserstrasse nou n ander naam,
 en A la Pergola het afgebrand
 op Lovers Hill, in Walvisbaai,
 waar jy met die tuinslang, laat daardie aand
 raadop, maar vasberade jou kar parkeer het,
 is nou n baksteenmonument
 Ferdinand, die geheue verdampverdor, droog op -
 net die duine hou konstant
 aan met skuif en vervorm deur die jare,
 besluit self wat word gehul of onthul
 verander so reëlmatig van gestalte,
 al is dit n refrein wat herhaal, herhaal
 en ek weet nie meer waar jy nou woon nie,
 of dalk is jy lankal dood
 ons stories, ons besoek nou onbenullig
 wat saam met ons en die tyd verslaan
 soos die bitter in die water van Omaheke,
 soos geboue wat verweer, velde wat verbrand
 miskien het een spoor tóg versteen,
 gestol in die modder, deur n duin bewaar
 miskien oor n eeu, oor n honderd jaar
 sien Schutztruppe ons bottelskerwe,
 ons stewelspore
 en kan ook húlle onskuldig wonder
 oor die stories wat die sand vergaar
 Maar vir eersbly onbegryplik
 die woorde,
 die name:
 luitenantferdinand
 verdamp
 brand
 skand
 sand
 land
 |