Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wit skadu’s van Jo’burg se strate

Barbara Botha

ek loop hier al langs die koue strate
van Jo’burg,
hier waar die son se strale deur
gebreekte bierbottels
breek

hier waar kinders sorgvry
kon baljaar en lag - sonder
kommernisse in stikdonker strate
wegkruipertjie speel

ek wandel deur ’n n
park wat warm gehou word
deur ’n n kombers van
koerante en rommel

’n n hoofopskrif waai teen my oë
: red die jeug van Jo’burg
my hart verstrengel in pyn
en ek loop my vas teen
realiteit

in ’n n sloot langs ’n n
drankwinkel
onder ’n n koerantkombers
staar wit skadu’s my aan,
’n n bewende liggaampie:
’n n kind van Jo’burg

hier is geen sprake van
wit en swart
almal kry koud
ly honger
is afhanklik van mekaar

kos is skaars, maar
drugs is volop
hoop is min, maar
abuse is daar altyd
liefde is daar nie sprake van, maar
sex en haat is oorlewing

ek loop hier al langs die verlate strate
van Jo’burg
ek word een met
die kliphard van strate
die kliphart van ander

die straatligte van Jo’burg
gooi wit skadu’s oor die
lewens van verlore
jeug

in die aand word asblikke
getransformeer in
“free left-over take-away”
klein handjies soek blindelings
deur afval om te oorleef

starende hol oë
ingeduikte wangbene
tenger geraamtes
met net vel as
verwarming

ek loop hier al langs Jo’burg se
wit skadustrate
tussendeur die
lewe en dood
ek staan woordeloos
teenoor
      weeskinders
             wegloopkinders
                    alleenkinders
                            straatkinders

dit is die jeug van Jo’burg
in al sy glorie en triomf
sy gruwel geweld
sy kommerlose gevoel

vir die wit skadulewens
van die lewelose en
huiwerende
toekoms en die verlore
siele van Jo’burg ...

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.