|
Talent, kreatiwiteit, kunsAlle kuns is gefiltreerde bewussyn. ***Natuurlik moet n kunstenaar vir kwaadgeld kan rondloop. Kwaadgeld is sy enigste valuta. ***Wie prys stel op sy bewondering van groot geeste, laat niemand tussen hom en sy bewondering kom nie. Bowenal nie die groot geeste self nie. ***Dis ironies dat die onvervulde kunstenaar so dikwels oorkook in beroepsnyd. ***Spel is die voorkind van alle kreatiwiteit. ***Daar is iets wat die verfilmers van letterkunde altyd sal ontwyk: stemtoon. Die genuanseerde stem van die verteller, sy asemhaling, sy ironie, blý ingesluit in sy boek. ***Die kwaal van die een-en-twintigste eeu gaan wees: oorgeïnformeerdheid. Eintlik maar weer die Stendahl-sindroom.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |