|
Talent, kreatiwiteit, kunsn Ware kunstenaar hol nie agter vlinders aan nie. Hy wag geduldig dat hulle self op hom kom sit. ***Mense wat sê dat hul eendag gaan skryf wanneer hulle die tyd daartoe het, het geen dringende behoefte om te sê nie. ***gee ons natuur en waarheid weer. (met apologie) ***n Groot talent stroom soos n rivier en stoot al die -ismes van die seisoen uit sy pad. ***Ook nonkonformisme en veral in die kunste bind vas; hande en voete en gedagtes, soos aan n paal. ***Pasop vir die furie van mindere talente. As die Weense Akademie die kunstenaar Hitler goedgekeur het, het die twintigste eeu straks anders verloop. ***Min kunstenaars is grootmoedig genoeg om die Energie ágter hul energie te erken. Dit word verswyg, of net in dowwe fyndruk vermeld.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |