|
Resensies en joernalistiekDaar is bona fide-kritici en daar is professionele galbrakers and neer the twain shall meet. ***Daar is gelukkig bliksemafleiers vir moorddrange. Die skryf van nydige resensies is een. En die skryf van aforismes is nog een. ***Party resensente is gebore hakkelaars. Hulle kom niks verder nie as ek-ek-ek. ***n Hoernalis sal haarself oopvlek by gebrek aan n beter sensasie-storie. ***Skrywers met n talent vir gemeenheid kry vroeër of later hul eie rubriek. ***Wat voortgaan, is die teks, onafhanklik van die skrywer wat hy gebruik het om hom tot stand te bring; onafhanklik ook of so wil jy graag glo, van die kritiek wat om hom aangroei. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |