|
Goeie en slegte maniereDaar is niks wat mense so gou affronteer as ordentlikheid nie. Hulle sien n teregwysing aan hulself in dié ordentlikheid. (En miskien is hulle nog reg ook.) ***Natuurlik het alle mense kleivoete, maar dié kleivoete hoef nie noodwendig te stink nie. ***Dankie en ekskuus verdun met maar beteken niks. Dis of jy beleë wyn met skottelgoedwater versny. ***Die ideale gespreksgenoot moet ook oortuigend kan luister. Dán eers kry jy dialoog. ***Hieraan herken jy die ware aristokraat van die gees: dat hy stiptelik teruggee wat hy geleen het, of dit nou n tang, n CD of n vrou is.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |