|
DoodOudword hou darem één seën in: uiteindelik begryp jy jou ouers in hul laaste jare. ***Dis maklik om die dodes te vergewe, maar kan ons ooit weet of hulle óns vergewe het? ***Dood herdefinieer die gestorwene: sy persoonlikheid, talent, lewe. ***Die mens behoort sy dood doodnugter te aanvaar. Dis n natuurfeit, soos die gang van die seisoene en die getye van die see. Blaar verdor, blaar val af: Schluss. ***Miskien moet dood as n laaste werkverskaffingsgeleentheid gesien word aan dokters, verpleegsters, huilebalke en aasvoëls. ***Die goeie ou dae is bloot dít: n tyd toe jy nog toekomsverwagtings gehad het.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |