|
AforismesSlag n aforisme af en wat kry jy binne-in? n Egoïsme. ***Moedernaak en spierkaal: dis wat die ideale aforisme is. En glad van bloederigheid. ***Die aforisme is begin- of eindpunt van n argumentasie. Die res van die betoog moet veronderstel word. ***Dis erg genoeg om woordspelings te pleeg, maar om vir jou eie woordspelings te lag, grens aan seniliteit. ***Daar is mense wat hul tewerigheid as wysheid aansien: o wilde, wilde vergissing. Sou Oscar se aforismes oorleef het as hulle nie n soliede morele basis gehad het nie? ***Wil jy by jou eie aforismes uitkom, lees eers dié van ander. ***Die aforisme is gesteld op vaartbelyndheid en verwerp alle kwalifikasies. ***Die aforisme het die finaliteit van n loopdop. Dit sluit n gesprek af.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |