|
Die Bose, die Duiwel en DoodsondesHul sogenaamde perfeksionisme is die skild waaragter talle lui mense skuil. Hulle sal tot in der ewigheid poets en boen, net om nie aan te beweeg na n volgende onderneming nie. ***Die Achilleshiel van die mens deur die eeue blý sy siek ontvanklikheid vir vleitaal. Dink aan King Lear. Dink aan die Keiser sonder Klere. ***Die guillotine-kompleks sit diep by die mens. Hy juig nog altyd wanneer iemand na die skavot geneem word, veral hooggeplaastes. ***Enigste troos van dié wat die harde bodem tref: hulle kan nie verder sink nie. ***Die einde der dae sal kom wanneer niemand op aarde meer kan onderskei tussen goedheid en skyngoedheid nie. ***
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |