Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Groot Kunstefees- en Teaterindaba
Moontlik gemaak deur/Supported by:
Klik hier vir Aardklop se tuisblad
Klik hier vir Sanlam se tuisblad
Klik hier vir die KKNK se tuisblad
  • Klik hier vir jou daaglikse Volksblad
  • Nuut!

  • Jean Meiring: Ten slotte (19/11)
  • Doks Briers, voorsitter van die Volksbladfees, se reaksie op die Teaterindaba (25/10)
  • Nico Luwes oor die Teaterindaba: Ons sê wát ons wil hê, maar nie hóé nie! (14/10)
  • Engemi Ferreira reageer op die Teaterindaba-bydraes (08/10)
  • A response to the Theatre Indaba by Roshan Sewpersad (08/10)

    Skryf vir ons/ Write to us: webvoet@litnet.co.za

    Onlangse deelnemers/ Recent participants:


    Klik hier vir vorige bydraes!


    Sabata Sesiu
    “The current arts and culture infrastructure in South Africa has no mechanisms to take care of the practitioners' welfare and benefits. A number of artists have died paupers in the post-apartheid South Africa.”
    Kobus Burger
    “Dis jammer, maar dis op ons. Die dood het stadig by die agterdeur ingesluip en sy muwwe reuk tydsaam deur die vertrekke laat luier. Byvoorbeeld, Rapport (wat bestempel word as die grootste Afrikaanse koerant in Suid-Afrika op grond van sy leserstal) het eers sy kunsblad toegemaak. En toe is wyle Barrie Hough, Rapport se kunstekenner, vort. G'n plaasvervanger nie, net vervlakking.”
    Ilse van Hemert
    “Julle vra my hoe gaan dit met teater? Sleg. Dis die depressiejare. Tensy jy natuurlik 'n My Vrou se Man se Vrou-tipe is. Maar daar is tendense wat vandag opwindend maak: teatermakers gee om wat hul gehoor ervaar. Hulle is voortdurend op soek na 'n eie idioom, iets volksbekend, iets wat die gehoor gaan aangryp.”

    Aanhalings vir die dag/ Today's quotes    
    “Terloops, waar is julle boekwinkels? Ons is hier by 'n Afrikaanse kunstefees op 'n Afrikaanse dorp, maar waar kan ek Afrikaanse boeke koop?”
    Ivan Sitniakowsky van De Telegraaf, Nederland se grootste dagblad, in Die Burger, 2 April 1996


    “Ná elke fees – ook na vanjaar se KKNK en Grahamstadfees – ontstaan ‘n vurige openbare relletjie oor wie wat verkeerd doen. En oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse teater. Soveel hoofde, soveel ellelange paragrawe. Hierom het LitNet besluit om ‘n geleentheid aan teaterlui te bied om hul sê oor dié uiters belangrike saak te sê.”
    Jean Meiring, Indaba-konvenor
    (Klik hier vir sy inleidende bydrae)

    Die karnaval krities bekyk

    Etienne van Heerden
    Uitvoerende redakteur, LitNet

    Die naam LitNet het al sinoniem geword met kritiese meningswisseling.

    Die oop gesprek op SêNet laat die nekke daagliks warm onder die kraag; dit is 'n soms slordige, dikwels sinvolle, maar altyd interessante forum vir gesels en stry. Egte name, skuilname, sluipskutters, knoeiers en eerlikes is hier gewikkel in 'n kroeggeveg of seminaargesprek van epiese formaat.

    Die LitNet-gesprek lei egter soms tot saamdink rondom spesifieke onderwerpe. Die eerste aanlyn-skrywersberaad het 45 voorste, hoofsaaklik Afrikaanse, skrywers byeengebring: Antjie Krog, Achmat Dangor, Breyten Breytenbach, Elsa Joubert en vele ander. Die beraad se aanlynreferate is later deur Tafelberg gebundel onder die mooi naam Briewe deur die lug.

    Binnekort, vroeg in Oktober, begin die veeltalige Young Voices aanlyn-skrywersberaad, waarin bykans 50 skrywers, uitgewers en redakteurs oor hul lywe, hul land, hul stemme en hul vak gaan gesels - hopelik in minstens vyf Suid-Afrikaanse tale.

    Die debat tussen gelowiges en twyfelaars op SêNet en God@LitNet het gelei tot die byna 500 bladsy dikke boek Die omstrede God (African Sun Media). Hierdie debat het sy weg gevind na die gedrukte media, na tydskrifte, radio en televisie.

    Rondom musiek is daar maar altyd groot gesprekke op LitNet - soos byvoorbeeld die sogenaamde backtracks-debat, wat die gemoedere hoog laat loop het en sporadies nog op SêNet opvlam. Hier het Steve Hofmeyr, Anton Goosen en Johannes Kerkorrel (kort voor sy selfmoord) hul stemme verhef.

    En nou kom die LitNet Kunstefees- en Teaterindaba aan die beurt. LitNet-lesers kan 'n daaglikse aanlynreferaat of twee van persoonlikhede soos Karen Meiring (KKNK-voorsitter), Mike van Graan (kultuuraktivis en dramaturg), David Kramer (sanger) en Marthinus Basson (regisseur) verwag.

    Ons hoop dat dié bydraes deur kundiges tot sinvolle gesprek sal lei. En dat feesgangers van alle tale van hulle sal laat hoor by webvoet@litnet.co.za.

    Suid-Afrika het met sy kunstefeeste die karnaval ontdek. Dis 'n vreemde, onvoorspelbare ding, só 'n karnaval. Word hy oorheers deur die kasregister, die regeringsepter, die kultuurmagnaat of die skeppende stem van die kunstenaar?

    Hierdie gesprek gaan die karnaval van alle kante bekyk.

    Ondersteun asseblief die borge wat hierdie gesprek moontlik maak: Sanlam (hoofborg), Aardklop, die KKNK en die Dorpstraat-teater, Stellenbosch.

    My dank aan Jean Meiring, indaba-konvenor, en Erns Grundling, inhoudsbestuurder, vir hulle harde werk.

    En aan al die deelnemers.

    Geniet dit!

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.