Groot Kunstefees- en Teaterindaba |
Moontlik
gemaak deur/Supported by: |
|
|
|
|
Die Groot LitNet
Kunstefees- en Teaterindaba
Jean Meiring
Dagsê & welcome
1991. Ek's in matriek op Stellenbosch en lê tydens die wintervakansie my eerste
besoek by die fabelagtige Grahamstad-fees af. My Latyn-onderwyser Ian Rutter
is agter die stokke as ons die lang en - vir my - onbekende pad aandurf. Van
die rit onthou ek min. Wel onthou ek so helder soos môre die afry in Grahamstad
in: die dorp lê diep in die vallei ingenestel.
Ons soek Kingswood-kollege op en word ons slaaphokkies uitgewys. Dis bloukoud buite en ons trek truie oor koppe en blaas dat dit bars. Daar's 'n opwinding in die lug wat moeilik beskryfbaar is. Ek's grootoog vir die hare en klere en houdings. Stellenbosch is maar 'n ou piepdorpie teen dié kosmopolitiese gedruis.
Daardie eerste aand sukkel ons, as ek dit nie mis het nie, die bult uit PJ's toe. Ons het kaartjies vir Other People's Money, 'n toneelstuk oor geld en mag en ander mense. Die bekende Sean Taylor is in die hoofrol. Dis 'n blink, netjies-afgewerkte produksie.
Die volgende aand is dit die fliek Last Exit to Brooklyn, met die pruimende Jennifer Jason-Leigh. Dis 'n gewelddadige, donker, ontstellende fliek wat my lank bybly.
Êrens tussenin sit ons op 'n bedompige middag in 'n saal in een van Grahamstad se townships, en kyk 'n betowerende werkswinkelproduksie Tooth and Nail. Gys de Villiers is daarin. Of so dink ek nou. Dit was ook vol poppe en magiese figure. Ek onthou goed hoe ons daar uitgestap het met 'n gevoel van "dis nou ware teater". Dit was vindingryk, snaaks en aards.
Ook het ons The Merry Wives of Windsor gesien, met twee panele wat op die verhoog skuins teenoor mekaar gedraai staan. Op die een is 'n collage van Fair Lady-voorblaaie van prinses Diana, en op die ander voorblaaie van die rooikop Fergie. Speels. Falstaff was reusagtig, rond en roggelend snaaks. (Onthou ek nou reg, en het ek hom ook 'n klompie jare vantevore in Kruik se produksie van Georges Feydeau se ou staatmaker Hond se Gedagte gesien? Uitgestrek op 'n ronde bed wat mirakelagtig uit die muur uitgeswaai het?)
Wilna Snyman speel in Dear Mrs. Steyn: adellik en met haar woorde wat sy soos pitte uit haar mond spuug, versigtig en met 'n laaste proe vir 'n stukkie pruim.
Daar was ander produksies ook. Om die een of ander rede onthou ek hulle minder duidelik. (Die teaterprogramme lê wel êrens in 'n laai.)
En tussendeur loop ons die strate van Grahamstad plat. Bo na die Monument om in die son wat deur die reusevensters bak, te luier. Om na musiek te luister, kunsuitstallings te bekyk, en gewoon om te kuier.
Hierdie poging om my eerste besoek aan 'n kunstefees in herinnering te roep, maak my opnuut attent op die impak wat dit op my gehad het. Ek het mense teëgekom wat in skoongewaste Stellenbosch raar was. Ek het flieks en toneelstukke gesien wat andersins moeilik toeganklik sou wees. En dit als was - saam met kos en geraas en gesels - vir 'n enkele, ineengeperste week in een klein dorpie beskikbaar.
Dis natuurlik presies dié eienskap wat die kunstefees so 'n uiters populêre formaat maak. En in Suid-Afrika het kunstefeeste inderdaad in die afgelope dekade orals verskyn. Hulle is die spilpunte waarom die teaterkalender draai. In die plek van stedelike teaters, wat voorheen was waar teatergangers hul doepa kon kry, is nou skoolsale en tente op plattelandse dorpe.
Die vraag is of dít 'n heilsame ontwikkeling is. Mens wonder of die (sogenaamde) Suid-Afrikaanse teater beter daaraan toe is as voorheen, en wie baat vind by die nuwe strukture. Dis tog nodig om elke dan en wan in die lewe stil te staan en te vra waarheen mens op pad is. So ook met die teaterbedryf in Suid-Afrika.
Om dié rede het LitNet besluit om 'n aantal van die vernaamste figure in die teater- en kunstefees-wêrelde uit te nooi om hul sê te sê. Die oorhoofse tema is aspris breed en vaag: die stand van die kunstefeeste en teater in Suid-Afrika.
Binne dié breë raamwerk kan deelnemers self besluit waaroor hulle wil praat. Ons het hulle ten sterkste aangemoedig om - wat formaat en aanslag betref - hul eie gang te gaan. Om uit hul eie ervarings te skryf. Derhalwe bestaan dié indaba uit 'n veelheid baie anders geskakeerde stemme. Sommige essays is uit en uit polemies, ander is anekdoties of verhalend. Sommige stukke is van 'n meer akademiese aard.
Proffer your opinions
And we hope that many of you reading these essays - some of which are still in the process of becoming as I write this introductory note at 5 am on Thursday, 9th September 2004 - will feel yourselves moved to proffer your opinions. We've all been to the theatre or attended an arts festival at one time or another. We all have thoughts on whether or not these experiences have been positive ones, and how they might have been improved.
In essence, I believe, we need to build an appreciative, hungry audience. Without wanting to pre-empt the debate that will ensue on LitNet over the next few weeks, it's both as simple and as complex as that. If there's an audience clamouring to be entertained, many of the travails of theatre in South Africa will be relieved. How to build such an audience is an almost intractable problem. If anyone knew how to conjure up the solution, she'd be wealthy and widely loved.
There are many ways to solve a problem and we sincerely hope that the debate which will take place in this forum in the coming weeks will help to frame some sort of solution. Clearly, there's something wrong if talented performers, often with university degrees and often with many years' experience, have to wait tables or sell houses in order to survive. In South Africa this is scandalously commonplace.
We've invited some of the most eminent figures in South African theatre and in the world of the arts festivals to speak their minds. Some have chosen to be overtly polemical. Others have decided to tell us of their own theatre projects and of their own histories in the South African arts world. This variety of approaches is valuable and rich. We believe that this coming together of very different voices will present a broad view of the state of the performing arts in South Africa in 2004, ten years after the arrival of democracy.
We invite all LitNet-goers to tell us what's on their minds. Let this become an indaba in the most inclusive sense of the word.
Jean Meiring
Indaba Convenor
LitNet: 9 September 2004
Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za,
and become a part of our interactive opinion page.
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
boontoe / to the top
|