![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]()
Hier is die wenners
Die beraad self is ’n prestasie. Gesprek en debat is daardeur in Afrikaans oor Afrikaans gestimuleer. Dit was nie bedoel as ’n literêre vertoonvenster nie. Die waarde van die debat is veeleer daarin geleë dat dit kon plaasvind en die geleentheid gebied het vir ons gewone ouens om te kon deelneem. Met die uitgangspunt dat die Skrywersberaad nie ’n literêre parade is nie, het ek en Christa deur die briewe gewroeg. Stel jou voor om al die briewe ’n tweede keer weer te lees! Ons het besluit om elkeen afsonderlik ’n wenner aan te wys. Die pryswenners van ’n R1 000,00 elk is: Geluk en moenie vra waarvoor nie. Volgende keer maak ons weer so. Groete Christa en André Ns. Ek vra die toestemming van alle deelnemers aan die beraad om hulle e-posadresse in ons databasis op te neem. Die Taalsekretariaat beskik oor die mees uitgebreide databasis van belanghebbendes in en oor Afrikaans. Dit gaan by ons eintlik oor veeltaligheid en nie net Afrikaans nie. Indien u nie op die adreslys opgeneem wil word nie, laat ons net weet wanneer u die eerste materiaal ontvang wat ons periodiek uitstuur — André. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |