Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Die Taalsekretariaat

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • PROJEKTE

    Databasis
    ’n Uitgebreide databasis ten opsigte van individue en organisasies wat by Afrikaans betrokke is, word onderhou. Deur gebruik te maak van die inligting in die databasis kan gebruikers per pos, faks en e-pos inligting bekom en kommunikeer met enige sodanige individu of organisasie in Suid-Afrika en internasionaal. Die diens is teen ’n nominale fooi beskikbaar.

    Regsinligting
    ’n Omvangryke regsverwysingsraamwerk word tans voorberei. Aan die hand hiervan kan gebruikers inligting verkry aangaande alle taalverwante statutêre bepalings in die Grondwet, konstitusionele instellings soos die Menseregtekommissie, Pansat, asook arbeidswetgewing. Die daarstelling van ’n inligtingsraamwerk waarbinne alle hofuitsprake met betrekking tot uitsprake oor taalregte hanteer word, word tans onderneem.

    Taalverwerwingsinisiatiewe
    ’n Taallaboratorium aan die Universiteit Wes-Kaapland is ingerig met die mees moderne apparatuur en metodologie waardeur swart studente ’n kursus in Afrikaans verwerf as deel van ’n graadkursus.

    Taalbemagtigingsinisiatiewe gerig op die onderwys
    In samewerking met die Iilwimi-sentrum vir Veeltaligheid en die Taalprofessies aan die Universiteit van Wes-Kaapland word taalbemagtigingsprojekte onderneem. Die eerste loodsprojek bestaan uit vyf skole waar alle leermateriaal in Xhosa, Afrikaans en Engels vertaal word om sodoende voorsiening te maak dat elke kind binne ’n veeltalige klassituasie, in sy moedertaal onderrig word.

    Die leerders ondergaan intensiewe opleiding volgens wetenskaplik beproefde metodologieë om ’n veeltalige onderwysomgewing te hanteer.

    Die aanleer van swart inheemse tale
    Samesprekinge met provinsiale onderwysowerhede is geskeduleer om voorbereidings te tref vir die verpligte instelling van ’n swart inheemse taal by tradisoneel wit skole as verpligte derde taal in die skoolleerplan.

    Konstitusionele instellings vir die monitering van taalregte
    Samesprekinge word met die Pansat-raad gevoer om die gebreke in die Pansat-wetgewing te identifiseer. Regsadvies word ingewin om te bepaal tot welke mate die Pansat-wetgewing aangepas moet word om die taalmoniteringsfunksie te volvoer soos deur die Grondwet bepaal.

    Pansat het self ook breë taalbewusmakingsfunksies wat op hierdie stadium egter nog baie dormant is.

    Pogings word aangewend om die taalbewusmakingsfunksies te aktiveer.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.