Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Taalkoerant XIII (Desember 2003)

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling


  • VERSLAG VIR JAAREINDE 2003 — TAALSEKRETARIAAT



    Doelstellings
    i) Om die gebruik van moedertale op alle lewensterreine te bevorder, en
    ii) Om die beginsel van moedertaal-bemagtiging binne die konteks van veeltaligheid te vestig en uit te bou. (Sedert Stigting 1998.)

    Die Taalsekretariaat spreek sy waardering uit teenoor alle instansies en staatstrukture wat saamgewerk het ter verwesenliking van sy doelstellings. Die Taalsekretariaat is vandag onmiskenbaar een van die mees toonaangewende organisasies in Suid-Afrika tov taalbemagtiging.

    1. Afrikaans en meertaligheid
    Die Taalsekretariaat het in samewerking met die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG), waarvan die Vriende van Afrikaans, Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en Tabema ook lede is, ’n webwerf gevestig vir meertaligheid. Die webwerf is nog onder konstruksie. Projekhulp ten bedrae van R70 000 is ook verleen aan die Meertaligheidsaksiegroep.

    2. Konstruktiewe betrokkenheid by institusionele beleid
    Die Taalsekretariaat het oor die afgelope jaar die volgende beleidsinsette gelewer in samewerking met onder andere Tabema en die Meertaligheidsaksiegroep:

    — “Presentation by i-MAG to the Mini-Summit of the Portfolio Committee on Communications on ‘Broadcasting Content and Languages and their implications for Public Service, Community as well as Commercial Broadcasting’” (September 2003).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/gbmag.asp.)

    — “Explanatory memorandum: South African Languages Bill Final Draft” (April 2003).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/salbf.asp.)

    — “Towards greater language diversity in public broadcasting (Comments of the Multilingualism Action Group on the SABC’s ‘Draft Editorial Policies’)” (Junie 2003).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/magsabc.asp.)

    — “Comments of the Multilingualism Action Group on the South African Languages Bill” (April 2003).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/vorige.asp.)

    — “Submission by the Multilingualism Action Group and Tabema to the Ministry of Communications on the occasion of the National Summit on ‘Broadcasting Content and Languages: Implications for Public Service, Community as well as Commercial Broadcasting’” (November 2003).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/vorige.asp.)

    — “Submission: Commentary of the Taalsekretariaat on the Department of Education’s “Language Policy for Higher Education”‘ (November 2002).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/ded.asp.)

    — “Towards a multilingual public broadcaster (Contribution of the Taalsekretariaat and Tabema to the SABC Board Language Workshop)” (November 2002).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/sabcboard.asp.)

    — “Submission of the Taalsekretariaat on the proposed national language policy for education as announced by the Minister of Education” (Oktober 2002).
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/education.asp.)

    — “Kommentaar van die Taalsekretariaat op die Konseptaalbeleid (Konsep 1) van die Universiteit van Stellenbosch”.
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/konsepbeleid.asp.)

    — “The Broadcasting Amendment Bill of 2002: Submission by Tabema and the Taalsekretariaat”.
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/tabema.asp.)

    — “Voorstelle van die Taalsekretariaat aan die Taakgroep vir die Ontwikkeling van ’n Taalplan vir die Universiteit van Stellenbosch”.
    — (Sien www.litnet.co.za/taaldebat/tsvoorstel.asp.)

    Sedert ons vorige verslag het die Stad Kaapstad ’n taalbeleid aanvaar wat deur die Taalsekretariaat bemiddel is - die enigste stad in die RSA met ’n taalbeleid.

    Die Taalsekretariaat het in samewerking met skrywer Braam de Vries Afrikaanse literatuur geskenk aan Afrikaans-departmente van vyf oorsese universiteite: R15 000.

    Dr Gerrit Brand, as medewerker van die Taalsekretariaat en sekretaris van die Meertaligheidsaksiegroep, dien saam met prof Koos du Toit van Tabema op ’n komitee wat daarmee getaak is om oor die aanbevelings van die Nasionale Beraad oor Uitsaai-inhoud en Taal verslag te doen aan die Minister van Kommunikasie.

    3. Nasionale Taalstrategie vir Afrikaans
    Die Taalsekretariaat dien op ’n voortsettingskomitee wat aanbevelings aan die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA), ’n subkomitee van PanSAT, sal doen oor ’n strategie vir Afrikaans, ’n Taalfonds, ’n Taaloudit en ’n Afrikaanse Taalberaad in 2004.

    Die voortsettingskomitee het by twee geleenthede in Pretoria byeengekom. Dr Christa van Louw, voorsitter, en prof Wannie Carstens, ondervoorsitter van die NTLA, het die Taalsekretariaat versoek om persoonlik met PanSAT in gesprek te tree ten einde bykomende fondse vir die NTLA-inisiatief by PanSAT te help beding.

    Die Taalsekretariaat het by twee geleenthede met die Departement van Kuns en Kultuur beraadslaag oor onder andere die voorgestelde Suid-Afrikaanse Talewet, die Departement se werksaamhede in die Nasionale Taaldiens en die koördinering van werksaamhede tussen PanSAT en die Departement.

    4. Projekhulp gelewer en in beplanning

    1. Samesprekings met die Wes-Kaapse Departement van Onderwys en moontlike befondsing van projek vir moedertaalonderwys. Voorgestelde projek R30 000.
    2. Finansiële hulp aan Beeld se Koerant-in-Onderwys-projek. R35 000.
    3. Afrikaanse boeke en ander leermateriaal aan swart leerlinge met Afrikaans as vak in die Temba-distrik, Noordwes-Provinsie. Die NTLA sal as fasiliteerder optree. R35 000.
    4. Projekhulp en die verskaffing van terminologie-infrastruktuur aan die Sentrum vir Politieke en Verwante Terminologie in Suider-Afrikaanse Tale, Randse Afrikaanse Universiteit. Aanvanklik R70 000. Tans op ’n R-vir-R-grondslag R10 000.
    5. Die beëindiging van die Taalsekretariaat-borgskap aan LitNet na drie jaar. Borgskap R180 000.
    6. Die beëindiging van Taalsekretariaat-borgskap aan die Iilwimi Sentrum, Universiteit Wes-Kaapland, ten opsigte van moedertaalonderrig na drie jaar. Borgskap R450 000.
    7. “Ek Weet” Algemene Kennis en Nuusvasvraprogram van Dawid van Lill. R7 000.
    8. Akademiese ondersteuning aan individue vir gevorderde navorsing. R70 000.
    9. Veeltalige webwerf-ontwikkeling in samewerking met i-Mag. R25 000.

    Ek wil ook my dank en waardering boekstaaf teenoor Dr Gerrit Brand as medewerker en gespreksgenoot, asook prof Koos du Toit van Tabema, en alle konsultante wat op bekwame en professionele wyse die Trustees bygestaan het ter verwesenliking van die Taalsekretariaat en Beltas Trust se doelstellings.

    (Uitgebreide dokumentasie aangaande bogenoemde aktiwiteite is op aanvraag beskikbaar.)

    André van der Walt
    Uitvoerende Beampte Taalsekretariaat, Beltas Trust en Utilitas Ontwikkelingstrust

    24 Desember 2003

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.