Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

I-MAG se reaksie op Minister Pandor se verklaarde standpunt oor Moedertaalonderrig (Begrotingstoepsraak in die Parlement, 21 Junie 2004)

Persverklaring

Ons, die lede van die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG), spreek ons besorgdheid en ontsteltenis uit oor minister Pandor se onlangse begrotingspostoespraak in die parlement. Hierin het sy haar departement se steun uitgespreek vir die huidige praktyk om slegs drie jaar lank moedertaalonderrig toe te laat, voordat oorgeskakel word na Engels as onderrigtaal vanaf graad 4. Dit is hierdie stelsel wat verantwoordelik gehou moet word vir die die hoë voorkoms van die akademiese mislukkings en vroeë verlating van skole en akademiese instellings waaraan die sprekers van veral Afrikatale onderworpe is. Kinders se kognitiewe en akademiese taalvaardigheid in hul moedertaal benodig 'n veel langer periode as drie jaar om ten volle te ontwikkel, voordat sulke vaardighede na 'n tweede taal oorgedra kan word.

Navorsing in Suid-Afrika en elders ter wêreld toon aan dat moedertaalonderrig meer suksesvol is as die aanwending van Engels in daardie gevalle waar die onderwysers self nie oor 'n voldoende kennis van Engels beskik nie. Dit is dan inderdaad die geval in die meeste laerskole waar die leerders en onderwysers oorwegend Afrikataalsprekers is. Probyn se navorsing (2001) in township skole na die huidige gebruik van Engels as onderrigtaal, toon duidelik aan hoe hoog die spanning is wat sowel die onderwysers as die leerders ervaar wanneer hulle moet klasgee en leer deur middel van 'n taal waarin hulle nie vryelik kan kommunikeer nie. Dit het uiteraard 'n direkte negatiewe uitwerking op die leerproses. Onderwysers bestee die meeste van hul tyd aan die verduideliking in die betrokke moedertaal van die betekenis van Engelse woorde, eerder as om klas te gee oor die betrokke vak! Dit is dan geen wonder nie dat ons gekonfronteer word met wat Kathleen Heugh (2004) 'n "tweevlak" onderwysstelsel noem, waarin sekere basiese grondwetlike en onderwysregte slegs deur Engelse en Afrikaanstaliges geniet word, maar nie deur die sprekers van Afrikatale of Gebaretaal nie.

Leerders kan hoë bedrewendheidsvlakke in Engels behaal as hulle die taal as 'n vak studeer (NEPI, 1992). I-MAG stem saam dat meer geld bestee behoort te word aan die opleiding van uitstekende onderwysers in Engels en vra dat die minister dieselfde vir die ander amptelike tale ook doen. Ons glo egter dat gehalte moedertaalonderrig op skool 'n bereikbare ideaal is, eerder as die bestaande onbereikbare ideaal om Engels deurentyd as onderrigmedium aan te wend. Ons moedig die minister aan om haar posisie in heroënskou te neem en nie weer vorige foute te herhaal nie wat soveel leerders verdoem het tot akademiese mislukkings en werkloosheid.

Verwysings
Heugh, Kathleen 2004. To what extent does the Revised National Curriculum Statement accommodate the Language-in-education policy and constitutional obligations of equal access and non-discrimination with regard to language? Voorlegging by die konferensie, getiteld Continued Quality Education - The Road Ahead. Universiteit van die Wes-Kaap, 4-5 Junie 2004.

NEPI 1992. Language. Kaapstad: Nasionale Onderwys Koördineringskomitee en Oxford University Press.

Probyn, Margie 2001. Voice from South African Classrooms. Voorlegging by die Derde Internasionale Simposium oor Tweetaligheid, Bristol, April 2001.

Uitgereik deur:

Mhlobo Jadezweni
Alet van Huyssteen
Gerrit Brand
Annette Humphries-Heyns
Pedro Dausab
Zanele Mbude-Shale
Sandisiwe Mangcu
Charlyn Dyers

namens die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG)



  • Click here for the English version of this press release
  • This press release is also availalbe in Xhosa, click here
  • Click here to read the National Language Body for Afrikaans's response
  • Klik hier en lees die NTLA se reaksie op Minister Pandor se verklaarde standpunt oor Moedertaalonderrig




    LitNet: 30 Junie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.