Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Musiek om by te quando-kwaito-quando-kwela

Theunis Engelbrecht

Die paneel vrywilligers wat vir Sound Bites navorsing gedoen het oor “music to make love by” – of whatever werkwoord jy ook daarvoor wil gebruik – is pootuit. Hul tonge (en ander dele van hul anatomie) sleep op die grond ná al die steekproewe wat hulle moes doen aan die hand van 14 onlangse nuwe CD-uitreikings aan die globale popfront. (Dié van julle wat nie weet wat de hel hier aangaan nie, kan die draad gaan optel by Sound Bites 6 en 7 op die hoofspyskaart in die Klankkas.)

Net gou weer die name van die onbaatsugtige paneellede, en dan laat waai ons: Antoinette Burger (joernalis, aspirant-romanskrywer en avonturier), Karin Retief (redaksionele konsultant van ‘n leefstyltydskrif), Jeanne-Marié de Villiers (rehabiliterende dwelmvergryper, professionele groupie van Suid-Afrikaanse rockgroepe en selferkende nimfomaan), Gogga Goosen (die skuilnaam van ‘n Matie-filosofiestudent, aspirant-intellektueel en digter) en Barend Barnard (finansiële makelaar).

Red Hot Chili Peppers – Stadium Arcadium

Die lede van die agbare paneel het erg onder mekaar baklei oor hierdie nuwe CD. Ná al die hype daaroor in die Britse en Amerikaanse massamedia, en aansprake deur die platemaatskappy dat dit een van die “most anticipated albums of 2006” was en Amerikaanse musiektydskrifte wat dit vyf sterre gegee het, verwag ‘n mens iets baie besonders. Gmfff, al daai hype is ‘n pot opgewarmde slangkak, sê Gogga. Volgens hom is Californication en BloodSugarSexMagic al CD’s wat jy in jou private diskoteek van Red Hot Chili Peppers hoef te hê. Op hierdie CD gaan hulle maar op dieselfde eensnaar-ramkietjie en hoekatoeka-trant voort. Dit sal dus vir hom wat Gogga is, nie lekker wees om liefde te maak terwyl Red Hot Chili Peppers in die agtergrond speel nie.

Jeanne-Marié het hom amper gemoer hieroor, so het sy van hom verskil, want volgens haar het sy met hierdie CD kliphard oor die speakers van die lekkerste seks van haar lewe gehad op ‘n matras agterin die kombi van ‘n plaaslike rockgroep drie-uur die oggend ná ‘n wilde gig.

Barend is van mening dat hy nie hierdie CD vir die hele liefdemaakproses sal gebruik nie. Hy meen egter dit sal lekker wees in die opwarm-fase, nog voor die seduksie-fase – soos byvoorbeeld om alleen na te luister terwyl jy bad en regmaak om jou geliefde tegemoet te gaan. Dit het hom baie lus gemaak, sê hy, so hy dink dis ‘n cool CD. Antoinette sê dis musically (haar woord) ook glad nie sleg nie, want die Red Hot Chili Peppers is, after all, seniors vir wie mens respek moet hê, want hulle het al die pad geloop, my lam. Karin het niks daarvan gehou nie en gesê as sy hierna moet luister tydens enige fase van die pattapattaproses, sal hierdie geraas haar hormone eerder laat verdroog as uit ‘n lang winterslaap laat ontwaak.

The Streets – The hardest way to make an easy living

Oor hierdie een het die paneel amper eenstemmigheid bereik dat dit glad nie ideaal is as musiek vir die opsitkers, of vir die opsteek voor die tyd en doodblaas na die tyd nie. Gogga wil dit egter sterk beklemtoon dat dit ‘n baie goeie CD is en dat die lirieke uitstaande streetwiser gutter-poetry is. Dit bestaan grotendeels uit rap, maar daar is ook allerhande ritmes en grooves en hiphops en hopskoppitiehops by dat dit hierdie CD ‘n verteerbare, en selfs aangename, ervaring maak vir die luisteraar wat meer ingesteld is op die poësie van poplirieke wat op ‘n hardegat-manier oorgedra word. En op sigself is dit boonop ‘n baie sexy ding, meen Karin van alle mense … Luister eers self voor jy dit blindelings koop. Moet nóóit ENIGE hype glo nie.

Pink – I’m not dead

Daar is oor die algemeen net goeie bevindinge oor hierdie nuwe CD. Pink is ‘n hardegat-meisie wat nie met haar laat sukkel nie, ‘n oer-rockchick-prototipe. En dit dryf die mans natuurlik teen die mure uit. Barend het gesê in sekere liedjies is daar nog weggesteekte fyndraaie wat hy wil ontdek. Karin hou nie baie van haar musiek nie, maar baie van die feit dat Pink iemand is wat haar individualiteit ten volle aangryp en kreatief uitleef en sodoende sosiale stereotipes afbreek en ondermyn. En uit haar lirieke is dit duidelik dat sy nie ‘n dom vrou is nie, sê Antoinette. Gogga het gesê hy was skepties toe hy die CD gekry het, maar toe hy gekyk het na die DVD wat saam met hierdie CD uitgereik is, het dit hom opeens hormonaal laat blom soos die grootste nasionale blom in Bloemfontein. Met ander woorde, jags gemaak. Almal is beïndruk met die liedjie “Mr President”, waarin Pink vir George W Bush goed die leviete voorlees. Wat die musiek self betref, het almal behalwe Jeanne-Marié gesê hulle sal nie meer as twee keer hierna luister nie. Pink is té gestileerd en berekend om eg te wees; daar is nie sprake van ware spontaniteit nie, want dit alles word doodgesmoor deur die totaal kommersiële verpakking. My gevoel is: Hoekom hierna luister as jy eerder na Nina Hagen kan luister?

Jewel – Goodbye Alice in Wonderland

Almal het gereken hierdie CD is ideaal vir die fase tussen opwarm en seduksie. Met ander woorde, min of meer iets soos voorspel, lei ek af. Al die paneellede dink Jewel is ‘n mooi vrou en is beïndruk deur die opregte manier waarop sy haar emosies deur die musiek na vore laat kom. (Ek dink dit was Karin se formulering.) Sag, sensitief, intelligent, gentle sonder om soetjiespoep te wees. Gogga is egter van mening dat hy eerder na Tori Amos sal luister wanneer hy die slag lus is om na die skeppinge van sagte dog spiritueel sterk vroue te luister.

Vir Karin het die CD veral groot persoonlike waarde ingehou vir die fase ná die seduksie-fase. Dit het iets in haar wakker gemaak en aangevuur, maar sy wou – of kon – nie verder daaroor uitwei nie. Antoinette kan dit nie verstaan nie en het net haar kop geskud. Op die vraag of hulle hierdie CD eendag saam met hulle ouetehuis toe sal neem, het al die paneellede behalwe Karin nee gesê.

Korn – Live & Rare

Jeanne-Marié is in algehele ekstase oor hierdie een. Die ander paneellede deel egter nie haar geesdrif nie. Een van haar boyfriends, ‘n kitaarspeler in ‘n Pretoriase rockgroep, is ‘n Korn-dissipel. Vir haar is Live & Rare die ideale CD vir die fase wat ná dié van seduksie volg. Want as haar boyfriend ná ‘n paar doppe na hierdie CD geluister het, is hy na bewering so uitgelate en baldadig soos ‘n wilde perd.

Karin en Antoinette het dit baie vreemd gevind en kon ondanks vasberade pogings nie hul afsku hieroor verberg nie. Dit lyk of Barend wel op een of ander manier ‘n kick gekry het hieruit, maar hy kon ook nie meer uitwei nie. Gogga is van mening dat al mense wat hierdie soort musiek geniet, dié is wat na ‘n dominatrix (van albei geslagte) smag en wat blomkole in plaas van harsings in hul koppe het. Jeanne-Marié en Barend het hom amper gemoer toe hy dit sê. My mening: Hoekom sal ek hierna luister as ek na System of a Down kan luister?

The Goo Goo Dolls – Let love in

The Goo Goo Dolls maak lekker ligte rock van geen besondere of beduidende waarde nie. Indien ‘n braai deel van die seduksieproses sou wees, sal Barend en Karin hierdie CD baie sterk aanbeveel. Jeanne-Marié het gesê sy is nie so mal oor hulle musiek nie, maar het gesien hoe sexy elke liewe een van hulle op hulle foto’s is, daarom hou sy van hulle. Gogga sê die musiek is maar tussen die boom en die bas en omdat daar deesdae so baie rockgroepe is, moet mens kieskeurig en selektief wees en sal hierdie een, ondanks die besliste meriete wat dit wel het, nie ‘n lang rakleeftyd hê nie. Antoinette het gesê dit het lekker geklink toe sy dit gespeel het toe sy na die tyd gestort het. Luister self voor jy koop.

Tim McGraw – Greatest Hits Vol. 2

McGraw is ‘n country-knaap. Antoinette dink hy is sexy, Barend is al een wat van die liedjies gehou het en Jeanne-Marié het gesê as sy hierna moet luister, sal dit haar geheel en al aseksueel maak, en dit wil ons tog nie hê nie. Gogga het net sy skouers opgehaal en gesê hy het een aand tydens die seduksieproses met hierdie CD geëksperimeneer, maar dat dit alles laat ontspoor het. Karin het glad nie eers daarna geluister nie. Sy vra hoekom moet sy hierna luister as sy na Johnny Cash kan luister? Niemand van ons het vir haar ‘n antwoord gehad nie.

Verskeie kunstenaars: Café d’Afrique III

Almal het saamgestem dat hierdie een soos ‘n bom werk tydens alle fases van die proses. As aptytwekker en aperitief staan dit kop en skouers uit bo alle mededingers. Dit bevat sensuele lounge-musiek deur chill-kunstenaars wat op die trippy-hoppy-wa ry, soos DJ Bootsie, Goldfish, The Funky Lowlives, Bareman, Mint Royale, Animal Sound System. Gogga sê dis lekker spaced-out musiek. Barend sê hy het al groot welslae met hierdie uitreiking behaal tydens fase twee van die proses. Jeanne-Marié sê sy het al ‘n tromspeler van ‘n Afrikaanse rockgroep ‘n onvergeetlike blowjob gegee tydens die speel van hierdie musiek. Gogga sê dis nou musiek wat jou laat ontspan, jou daaraan herinner dat die lewe ook ’n dromerige sfeer het wat ons te maklik verwaarloos in ons gejaag na geld en materiële goedere, en dat die aanhoor van hierdie musiek beslis waarde toevoeg tot die proses van minnekosery.

Bob Sinclair – Western Dream

Antoinette: “Dit het vir my nogal lekker gewerk met die hoofgereg.”

Barend: “Ek het dit weer veral tydens fase twee geniet.”

Karin: “Dit is nie ernstige popmusiek wat bakens versit nie, maar dis aangenaam omdat dit vrolik is en ‘n mens lekkerder laat voel as wat jy reeds voel. En dis iets wat nie van al hierdie nuwe CD’s gesê kan word nie. Dis lekker bouncy en die doef-doef-doef is nie te erg nie, al raak dit op die lang duur steurend en moes ek Grand-Pa drink nadat ek na die CD geluister het.”

Jeanne-Marié: “Ag nee wat. Dis musiek sonder bôls. Hoewel ek moet sê, ou Bob lyk verskriklik sexy op die omslag. Ek sal nie omgee om sy pad te kruis en hom soos ‘n kanarie te laat sing nie!”

Gogga: “Ek luister my dood na hierdie CD op my iPod wanneer ek in die gym is. Daarna voel ek altyd pure perd en fiks soos ‘n voorvatter. Maar ek sal dit nie aanwend wanneer ek enige poging wil aanwend om tot vleeslike gemeenskap met ‘n medemens oor te gaan nie.”

Sergio Mendes – Timeless

Jeanne-Marié: “Lekker eksoties en sexy. Dit klink so half Mexikaans en half jazz en bietjie Latyns en al daai goed en dis net anders as enigiets anders waarna ek tans luister. Ek is lief vir hierdie CD terwyl ek hard naai.”

Barend: “Ek het dit veral van waarde gevind tydens fase 2.”

Antoinette: “Sergio Mendes het ‘n klomp van sy ou treffers weer afgestof en opgeneem saam met hip hedendaagse kunstenaars – soos wat Anton Goosen en daai ouens doen. Dit gee dit ‘n heerlike vars, kontemporêre gevoel en is ‘n bewys van die tydloosheid van Sergio se musiek.”

Gogga: “Ek ken die oorspronklike weergawes en ek dink wat Mendes hier aanvang, is ‘n skande en opportunisties. Hierdie nuwe verwerkings haal die hart uit die oorspronklike weergawes. Hy verkrag sy eie musiek net in ‘n poging om hip en modern te wees, en dit werk nie.”

Karin: “Ek het dit baie geniet en sal beslis meer as een keer daarna luister. Ek het dit veral van waarde gevind tydens fase drie.”

Sound Bites:“Ek het gemengde gevoelens hieroor.”

Bigg Snoop Dogg – Welcome to tha chuuch

Al die onbaatsugtige, ywerige paneellede het min of meer dieselfde op hierdie nuwe uitreiking gereageer as op The Streets s’n. Karin dink dis afstootlik want dis uiters macho, Jeanne-Marié dink dis cool en dat dit soos literature is, Barend dink van die lirieke is snaaks, veral die een oor die vrou wat haar panty verloor het, en Gogga sê dis tyd dat daar ‘n Bigg Snoop Dogg op die Afrikaanse musiektoneel verskyn – en dat dit helaas nie die nuwe kunstenaar Snotkop is nie.

Patrizio Buanne – The Italian

Jeanne-Marié: “Uuurrrrggggggg … Dit klink soos operette-musiek.”

Karin: “Dis so sexy! Hy is pragtig – kyk net daar op die omslag! En die musiek is so romanties! Al die ou bekendes op syn Italiaans! En ek is hoeka so lief vir die Italiaanse temperament, cuisine en kultuur! Pragtig!”

Antoinette: “Ag nee wat, dit is vir seksueel gefrustreerde middeljarige vroue.”

Barend: “Dis iets wat ek vir my ma of ouma kan gee op Moedersdag.”

Gogga: “Hoekom sal ek hierna luister as ek na Zucchero en Eros Ramazotti kan luister?”

Bossa n’ Marley: The electro-bossa songbook of Bob Marley

Al vyf paneellede het menigmale met vrug van hierdie CD gebruik tydens die uitvoer van hul steekproefpligte. Hul het amper eenparig bevind dit is uiters doeltreffend in alle fases van die proses – van seduksie tot voorspel tot naspel tot die kersie op die nagereg se koek.

Gogga het egter ernstige bedenkinge, al het hy gesê hy vind dit baie lekker om liggaamlike genietinge sonder ‘n draad klere aan hom te smaak terwyl hierdie CD saggies (let wel, saggies) in die agtergrond speel. Die CD bestaan uit bossa-nova-weergawes van al Bob Marley se grootste treffers, met ‘n vrou wat op ‘n suiwer, onskuldige, dog ook effens sexy en verlepte manier saamsing. Dit is niks anders as goedkoop kommersiële en opportunistiese stront nie, want dis ‘n verkragting van die siel van Bob Marley se musiek, sê Gogga. Dit sal hom ook nie verbaas as hierdie CD doodgespeel word in lounge-klubs waar pretensieuse ryk jappies uithang nie. Hierdie jappifisering van Marley se musiek is onvergeeflik, sê Gogga, al is dit baie lekker om te naai terwyl dit speel.





LitNet: 26 Julie 2006

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.