SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Cruci figere

Lindy Worth

Iets pastoraals het gefluister uit hierdie tafereel
van bos en veld waar laaste oorskietgroen
algaande geler en dan bruin geglim het
in die winterson -
Vredig aan 't wei, salig onbewus van dit wat daardie dag
kalbashand aan sou dra:
Iets het stil en slu gesnuif
aan spitspuntspoor en oggendmis
wat warm teen die winteraarde is.
Een se kop ruk op,
sy neusvleuels wyd om die oggendlug gespan.
Verstar bly sy oë tas aan die skielik vreemde struik.
Fluweel, só sag, die lippe se prewel
om die krulle snoere fynhaaksade.

Dan knal die dag!

Tarentale sketter en skel
dat hul God(weet) hiervan sal vertel,
voor hul in 'n stippelwolk verdwyn.
Hoog in 'n kameel se kroon
sit die langstertvoël en hoon.


Die vangs is kleedgestroop, die nek 'n bloedrooi roos.
Alfa het die lewer en niere gekry
en die res het oor die hartslag gestry.
Twee kleintjies het tou met die stert getrek.
Die skrotum, afgesny:

ont-man
ont-hoof
ont-God

Skielik nag
en God en sy brommers
het geswyg



LitNet: 21 Junie 2005

  • Terug na SkryfNet VI
  • Lees Lindy Worth se eerste weergawe van hierdie gedig: "via dolorossa"

    Wil jy reageer op SkryfNet VI? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.