SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Om te kan deel

Riekie Lombard

'n Man en 'n vrou sit saam om 'n tafeltjie by 'n straatkafee. Hy blaai deur 'n boek; sy speel met 'n pen en kyk dan op. Die namiddag l luilekker voor hulle uitgestrek. 'n Groot, ou wingerd skud sy jong blare oor hulle uit. 'n Groepie toeriste bestel nog bier.

"Dis van Bertie," s iemand langs hulle.

Koppe sak oor 'n poskaart.

"Oh? Ai, dat die kinders nou so ver is."

Die koppe skud.

"Hy s dit gaan goed net koud."

Koppe knik. Die poskaart word omgedraai.

"Oh, dis darem 'n ongelooflike gebou! Dat Gaudi nou so voortydig moes sterf."

Die koppe skud weer.

Die man glimlag as hulle o ontmoet.

"Wat skryf jy so? " vra hy geamuseerd.

Sy stoot die blaaie na hom toe oor. Hy lees.

Hulle het kort duskant aandete eers klein Annie se gille uit die hoek van die plaaswerf gehoor. Dat die seuns, eerder as renweer, by die buitetoilet se deurvassittery betrokke was, het duidelik geword. Pa het teen daardie tyd al 'n goeie halfduim afgeskaaf en Kim het 'n heilige vrees vir toe deure gehad.

Nee, dis reg, sy kan maar n keer saam Sondagskool toe, het Ouboet tesinnig ingestem en 'n pak slae vrygespring.

Annie is, stywe vlegseltjies en al, die Sondagmre daar weg. Daar is ge-ooh en ge-aah en die Groot Les het heel goed begin. Die seuns was egter, soos gewoonlik, onmoontlik; die Sondagskooljuffrou naderhand omgekrap.

"Die duiwel is orals, weet alles en kan orals sien," het sy sake nog verder beduiwel en haar vinger nes Oudominee geswaai.

Annie se salige lewe aan die rivieroewer was meteens onderstebo.

Die volgende dag het sy nie soos gewoonlik saam ingegaan toe Ma Nana se groot, kraakvars plaasbrode gaan oplaai het nie. Die trekpleister daar, die gekuier voor die koolstoof en Janneman se warmteeslurpery, was vergete. Sy moes sake onder die eikeboom gaan deurdink.

Sy het 'n hopie akkers bymekaar gemaak, die grond skoongevee, 'n groot sirkel getrek en dit vol akkersterre gepak. Hoe groot is orals? Die akkersterre is weer uitgehaal en op 'n hopie geskuif. As alles vol duiwel is, waar is Liewe Jesus en die res dan?

Sy kon dit nie verstaan nie.

By die huis het sy suutjies Oupa se swaar Hollandse Bybel gaan uithaal en vir Katriena se kinders agter die hoenderhok gaan vra, hulle moet kyk of daar in di Bybel nie dalk iets anders staan nie. Hulle het net koppe geskud. Welcome, die oudste, was baie slim en het darem een woord gespel: U I T S P A N S E L. Dit het haar aan iets groots en baie oop laat dink. Sy was meer gerus.

Sy was later seker sy kon bietjie van dit deur die wilgers se blare sien as hulle by die rivier l, en in Nana se glimlag as sy haar brode uitkeer.

By Tant Margaret was alles egter anders.

Haar grou Victoriaanse sinkhuisie het, net na 'n lappie kosmos, tussen die wilgers by die drif gestaan. Haar roostuin was haar heiligdom en niemand, behalwe Ma, mag naby dit gekom het nie. Ma moes elke jaar help snoei.

Sy het Ma vroegoggend al met haar stywe bollatjie en oprygsteweltjies by die hekkie staan en inwag. Daar gekom, het sy kersregop oor die ryp geknars tot by die rose, hande gewring en met 'n stemmige gekopknik presies vir Ma beduie wat sy gedoen wou h. Die stekelrige takkies is, soos Ma snoei, d-d-lk opgeruim. Sy het nie 'n morsigheid op die werf verdra nie.

Die kinders moes buite bly terwyl sy en Ma in die skemer voorkamer tee drink. 'n Gevensterloerdery deur die swaar fluweelgordyne, of 'n gehardloop voor die All Gold-stroopblikvarings is ook nie geduld nie. Die sterk, bitter blaartee met net twee klontjies suiker was vir Ma die swaarste, die fyn Engelse porselein ten spyt. Sy het drie groot lepels suiker geneem en was die oorvloed plaasmelk gewoond.

Die stywe affre is gewoonlik kort duskant Oggendgodsdiens beindig en dan is almal weer terug hekkie toe gemarsjeer.

Dit was by so 'n geleentheid wat een van haar kleinseuns Annie iets in die donkerte van sy rondawel wou "wys". Simon moes, na sy pa se dood, by sy Ouma kom bly.

Annie het in die sonnetjie op die stoep gesit en wag. Die stilsit was nie maklik nie.

Hy het haar eers deur die vyeboom staan en betrag en toe langbeen nader gestap.

"Hei! Wil jy speel?"

Haar kop het opgeruk van skrik. Sy moes haar o op skrefies skroef om te kon sien wie dit is. Sy ligblou trui was te klein en 'n skurwe elmboog het deur een gat gesteek.

"Wat?"

Simon het nie geantwoord nie en net met sy kop rondawel se kant toe beduie. 'n Elviskuif het oor sy een oog geval. Die oog wat wel haar blik gevang het, was ouwrelds, soos in die prentjies van die Kinderbybel.

"Kan nie s nie. Kom kyk self."

"Meisies mag nie in seuns se kamers ingaan nie," het sy snipperig ges, haar groot linte agtertoe gestoot en uit sy skaduwee geskuif. Die oggendluggie het nog gebyt.

"Dis nie 'n kamer nie. Dis 'n rondawel," het hy vinnig geantwoord en omgedraai.

Annie het versigtig agter hom aangedrentel.

Die drif se koue het met die intrapslag uit die sementvloer opgeslaan. Sy het onseker vasgesteek. Reg oorkant haar het 'n ysterkatel strak onder 'n ou almanak gestaan. Die koedoevel voor die bed was feitlik sonder hare. Langs die bed was 'n ou bliktrommel met 'n Bybel en gaslamp daarop. 'n Paar verslete skoene het voor die hangkas gel. Sy het rondgesoek na speelgoed of boeke, maar daar was niks.

Alles het droewig in die muwwerige vertrekkie gelyk.

Sy het 'n groot spinnerak tussen die balke reg bokant haar gesien en 'n tree voorentoe gegee. Die deur het agter haar toegeklap.

Sy dog eers hy terg net, soos Ouboet, maar toe sy gordel met 'n klapslag op die sementvloer val, toe sien sy wat hy wou wys.

Sy het teruggemik deur toe. Die sleutel was weg. Sy was vas.

Haar dreigery oor wat Ouboet alles met hom sou aanvang as hy nie oopsluit nie, het niks gehelp nie. Sy het haar rug teen die deur vasgedruk en desperaat bl praat: van die perde wat Ouboet inbreek tot by die boelie by die skool wat hy vir eens en altyd goed opgefoeter het. Toe sy by die storie kom van die wilde buurseuns wat met windbukse op die Boy Scouts geskiet het, het hy sy hande egter gestop. Sy het iets herken in sy houding, maar kon nie dink wat nie. Sy het moed geskep en sommer verder aangedik: "Die een die een is is in in sy maag so so oor die rivier geskiet."

Sy was nie seker of dit gepas was om daaroor te spog nie, maar het nietemin deurgedruk.

"Dit het die hospitaal die hele nag gevat om om al sy derms terug te sit Ja-a. " Haar woorde was op.

Hy het lank met sy hand teen die deur gestaan. Sy kon nie asem kry nie. Uiteindelik het die stram slot stadig teen haar oor oopgeklik-klik.

Sy het uitgesteier en blindelings koers gekies huis toe; eers begin huil toe sy deur die laaste doringdraad klim en sien sy is in die kwaai bul se kamp. 'n Duif het oopgevlerk dood gel in die veld.

Ma was baie kwaad. Sy was met die Pontiac daar en hulle het haar lank gesoek. Tant Margaret het haar Oggendgodsdiens gemis en was ewe ontstig. Simon het in sy rondawel weggekruip.

"Maar waar was jy, kind?" het Ma bly vra, maar Annie het nie woorde gehad nie. Sy het net geweet dat Simon ook vir iets bang was.

Om met akkers te speel was daarna nooit weer dieselfde nie. Alles was, soos Simon se rondawel en die duif, net dood.

Die Susters was daarna maar stywerig met Ma by die Kerk. Die kwessie van Die-Ontwrigting-van-Tant-Margaret-se-Oggendgodsdiens is selfs by Pa se ouderlingsvergadering ter tafel gel. Dit het Pa 'n goeie deel van die aand geneem om die item weer van die agenda geskrap te kry, sodat die Broeders kon aangaan. Hy het di aand eers kort duskant melktyd ingekom en moes toe nog 'n koei gaan help kalf. Hy was ook vir lank daarna nog vies.

Sy is weg koshuis toe, sonder dat hulle ooit weer regtig kon praat.

Baie jare later, toe sy al werk, het sy weer een vakansie kom kuier.

So keer 'n harde renbui haar en 'n paar ander tussen die komberse, driepote en emmers in Jopie se Winkel vas. Sy het woordeloos saam met mooi Lilly van die bure gestaan en kyk na die rengordyn voor die stoep; en geweet dat hulle al twee aan Simon dink. Die rivier het afgekom en onder die brug gedreun. Sy het weer 'n ou opstandigheid in haar voel opstoot, maar verder onthou.

Ouboet-hulle het destyds dae lank wilgerlootvermommings en rietpype by die rivier gemaak. Hulle wou kyk wie die gevaarlikste kon lyk en die langste met 'n stopsel riviermos kon uithou.

Die hele operasie was 'n groot geheim.

Welcome het hulle op 'n veilige afstand dopgehou, kop geskud oor die potsierlike figure en siek gesigte, en Annie probeer wegkeer. Die wilde buurseuns het, soos gewoonlik, stry gekry en mekaar met modder begin gooi. Simon het opgewonde geraak en wou op daardie punt ook saamspeel. Hy het agter sy boom uitgekom.

"Voertsek!" het een geskree en die vreemde kind weggestamp. Hul broederskap was geslote.

"H! H! Is die nuwe kind!" het Welcome nog probeer keer, maar Simon was reeds in die rivier en die seuns skoonveld.

Toe sy kop die derde keer onder die water verdwyn, het Welcome besef dat hy ook nie kon swem nie. Hy het skreeuend rivieraf gehardloop; 'n hand vol wilgerlote hoog bokant sy kop. Die honde se histeriese geblaf het hom deur die bure se jong worteltuine gevolg, tot waar hy Simon by die draai kon uittrek - ook net betyds.

Hulle al twee het 'n groot loesing gekry oor die skade.

Welcome het darem weer geglimlag nadat die seuns vir hom 'n meelsakkie vol soetkoekies uitgesmokkel het. Onder mekaar het hulle geweet

En Simon? Wel, dis van toe af dat hy hom net by sy rondawel en later, ook die kinders op sy Ouma se stoep gehou het. En nie almal was so bang vir toe deure soos sy nie.

Niemand kon ooit daaroor praat nie.

Sy het ook weer gewonder oor Simon en sy koue rondawel, oor s groot gemis.

Sy broers is deur hulle alleenma met bietjie spaghetti, All Gold-tamatiesous en, genadiglik, baie liefde grootgemaak. Met hulle was daar nie probleme nie.

Die renbui het opgehou en almal kon koers kies huis toe. Sy en Lilly het net pynlik gegroet.

Terwyl sy oor die poele water trap, het sy ook onthou dat Ma, nadat Simon daar weg is, gereeld 'n kannetjie melk by die trotse Tant Margaret gaan aflewer het; dat hulle mekaar oor 'n behoorlike koppie tee wel beter leer ken en verstaan het. Ma het eenkeer met haar mooiste roosknop huis toe gekom. Nog later het Tant Margaret selfs 'n bos rose oorgestuur kerk toe. Haar rose het gedra soos nog nooit tevore nie.

Almal het bitterlik gehuil by haar graf

Na die welkome ren, was die hele dorp die volgende dag met 'n blinkskoon blaartapyt bedek. Annie het die blare en akkers voor die deur opgevee, alles in die komposgat gaan gooi en toe vir oulaas tot in die holte van die dorp afgestap.

In die verte het 'n groepie ou bekendes by 'n straatkafee nesgeskrop - hulle lywe soos knoetsige eikebome teen die helderblou lug. Hande het beduie en 'n vrolike gelag het sporadies opgeborrel. Die geur van varsgemaalde koffie het nog mense nader gelok.

Voor hulle het 'n stom sekelmaanman sy trollie stadig straataf gestoot, al langs die 4X4's verby. Sy een oog was niksseggend op die pad voor hom, die weerlose eensaamheid in die ander agter 'n pap Elviskuif verskans. Sy nat jas het teen die oggendson opgewasem. Hy het meer as ooit tevore soos 'n gloeiende figuur uit 'n Kinderbybel gelyk, maar steeds het niemand hom raakgesien of binnegenooi nie.

Die man sit die blaaie neer.

"Is dit al?"

"Ja, dis 'n onvoltooide gesprek," s sy.

Hulle vingers raak liggies, met die begrip van twee ou bekendes.

"Kom ek lees vir jou 'n liefdesgedig."



LitNet: 10 Junie 2005

  • Klik hier en lees haar eerste weergawe

    Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.