SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Vertrek

Karin Sennett

Die stootskraper se gedreun is van vroegdag af al hoorbaar. Vorentoe, agtertoe Ö harder wanneer meer krag verlang word, sagter wanneer brokke sement en baksteen deurmekaar grond toe tuimel. Die sonlig wat deur die laning syfer, verdof met stof en brokkies verf wat verdwaas ronddwarrel.

Saam met elke muur wat omtuimel, word die donkerte in Lillie se hart al groter. Al skyn die somerson fel in haar sitkamer in woel sy 'n trui om haar skouers. Sy kan nie ophou kyk nie.

Die winterreŽn is laat vanjaar, dink Riana terwyl haar motor se ruitveŽrs heen en weer beur teen die stofnat voorruit. Haar oŽ voel moeg. Dit is tog maar net twee uur se ry vanuit Kaapstad Ö seker die vroeg opstaan na die laataand-geswoeg in die kombuis. Sy hoop Gerrit het die kinders betyds by die sportdag besorg.

Sy het vergeet hoe mooi die pad Wilgedraai toe is. Die berge wat sagkens oopvou, hul lende ontbloot, jou innooi met laat herfsspatsels aan bome, water wat blink in plaasdamme, koeie wat ongesteurd wei, 'n dogtertjie op 'n perd in die vaal oggendson,'n rokie wat dwars trek teen die reŽn in.

Sy voel hoe die week se gejaag loskom in haar Ö die skooltake wat moes klaar, Gerrit se korporatiewe gholfdag, die koeke vir die skoolkermis en tussen-in haar ma wat al hoe sagter praat wanneer sy bel.

"Jy moet gou kom, my kind, my hande kry nie gevat nie. Die stootskraper het al gekom. Oom Thys-hulle is lankal weg, oom Servaas-hulle laas week."

Dit sal seker die laaste keer wees wat sy diť pad ry en weet twee uur later stop sy by Dorpstraat 3, die gepoleerde stoeptrappies op en in haar Ma se arms in. Die klap van die kombuisdeur teen die sifdeur, die reuk van koolstoof en vars gebak as sy die kombuis ingaan, die deurstap na die voorkamer met die sonlig op die blou leunstoel, 'n bos rose in die Delftpot op die ronde tafel, gangaf na haar kamer toe, neerval op die sagte matras van haar grootwordjare. Raak aan die portret van haar pa en ma op hul vyftigste troudag, net voor hy die hartaanval gekry het; raak aan die lappies op die leunstoel wat Ouma nog gehekel het, maak seker dit is nog alles daar, dit het nie verander nie, iets is nog dieselfde al is jyself lankal nie meer dieselfde nie.

En nou die laaste ry om Ma te help pak, oppak en trek. Vyf-en-veertig jaar se goed in hopies te sorteer, kinders toe, welsyn toe, aftree-oord toe, waarnatoe.

Lillie huil na binne waar sy voor haar sitkamervenster staan en op die straat kyk. Die stootskraper kom al nader aan Stefaans-hulle se huis. Toe sy gedreun gister stil geraak het, het sy haar kierie gevat en oor die straat gestap na Stefaans en Martie se huis.

Haar lyf was styf en seer van bokse pak en swaar goed uit die pad skuiwe. Sy het selfs al van die skilderye en fotorame van die muur afgehaal. Familieportrette loer nou soomlangs vanuit hul nuwe posisie op die vloer, kyk mekaar die eerste keer in jare weer in die oŽ.

Riana moet maar kom help uitsorteer. Daar is 'n donker moegheid oor haar wat nie wil wyk nie.

Sy het lank stilgestaan by haar jare lange bure se huis. LeŽ oŽ het na haar teruggestaar.
Op die stoep het nog van Martie se malvas wat in ou konfytblikke geplant was, gestaan. Haar seun, die een wat advokaat is, het dit weer teruggedra uit sy groot bakkie nadat dit reeds opgelaai was. Blykbaar nie genoeg plek daarvoor by sy huis nie. Sy ma-hulle se tuinwoonstel is ook maar net sů groot.

Martie en Stefaans het half verwilderd bly draai om die huis, nie geweet wat om te maak met al die leeg om hulle nie. Ook nie weer omgekyk toe die dubbelkajuit-bakkie sy U-draai gemaak en verby haar handwuif spoed gegee het nie. Haar geliefde bure se krom skouers in die agterruit afgeŽts.

Soveel wonderlike middae het hulle omgesels op die stoep. Die son se draai oor die berg se glinsterrug op hulle gevoel terwyl Stefaans trots vir hulle vye uit sy boord afskil en een vir een aangee. Ag Here, laat daar tog net 'n vyeboom wees in die stad vir Stefaans, die man moet grond onder sy vingers voel. Nie 'n plaveiseltuin nie, Here, 'n regte woel-in-die-grond-tuin, Here. En kwikkies vir Martie, Here, kwikkies in die oggendson op haar ontbyttafel om die kaasfrummeltjies op te pik.

Sy het een van die geurige rankrose gepluk wat welig oor Stefaans se heining getuimel het en haar gesig diep daarin gedruk, die geur oor en oor ingeadem asof sy dit kon deel maak van haar, by haar kon hou, vir altyd, vir altyd net so sou kon bly staan. Sy het haar hand oor nog van die oop knoppe gevou en die sagte blomblare afgestroop en gevoel hoe dit van haar hand afgly tot op die klam grond.

Lillie skrik terug uit haar mymering voor die venster toe die stootskraper se reusehand sy skaduwee oor haar gooi met sy omdraaislag voor haar huis. Asof gehipnotiseer bly staar sy na die reusekettingwiele wat bly gly en gly oor die teer, oor die sypaadjies Ö digby Stefaans-hulle se heining stop. Die reusehand lyk vir 'n oomblik asof dit die rose streel, self wil pluk, maar dan sak dit af en skeur draad en paal en blaar en blom en tak honger na sy mond voordat dit die vyeboord begin takel, al kouende, knarsende met sy koue metaalvoete daaroor trap en vertrap Ö die soet geur van gekneusde vye kom oor die pad, die groot metaalvoete met rooi gevlek draai reguit om na haar.
Riana sien die groot advertensiebord raak lank voor sy die flikkerlig aansit vir die afdraai na Wilgedraai. "Nuwe landelike ontwikkeling Ö luukse villas, plattelandse weelde." Alles teen die agtergrond van 'n argiteksvoorstelling van Dorpstraat met Toskaanse villas daar waar haar ma se huis nou staan.

Wilgedraai het maar drie strate, waarvan Dorpstraat die mooiste is, met 'n laning akkerbome wat koppe stamp oor die pad as die wind waai en aan die agterkant omsoom is met die aangrensende plase en berg. Sy kan verstaan hoekom die ontwikkelaar genoeg potensiaal daarin raakgesien het om die hele straat se huiseienaars uit te koop.

Sy draai haar motor se neus in die rigting van die dorp.

Lillie staan nie meer voor die venster nie. Dit is stil in die sitkamer. Orals staan oop bokse, stapeltjies boeke op die mat, 'n teestel op 'n tafel half toegedraai in koerantpapier.

Wat Riana sien toe sy in Dorpstraat afdraai, is nie die leŽ vakuum waar eens oom Thys se huis was nie, ook nie die reusespore wat oor sypaadjies en ontblote boomwortels loop nie, maar haar ma in die straat. Tussen die geskokte werkers en 'n paniekbevange stootskraperdrywer is dit al wat sy sien.

'n Tenger figuurtjie in die pad 'n enkele tree voor die reuseklou van die stootskraper waar dit baie skielik tot stilstand gekom het. Iemand wat oor haar buk, sy kop skud.

Uit eerbied is daar nie verder gesloop aan die huise in Dorpstraat nie. Tot die begrafnis verby was.

Die dorpskinders het elke middag gaan oorskietvye pluk in oom Servaas se tuin en bruid-bruid gespeel met die konfettiblare op die sypaadjie. En skaam-skaam dankie gesÍ vir al die weggeegoed wat Riana vanuit haar ma se huis uitgedeel het.



LitNet: 10 Junie 2005

  • Klik hier en lees haar eerste weergawe

    Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.