SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Tyd om te trek

Karin Sennett

1

Dit het alles begin toe ’n vietse, jong dametjie die gastehuisie op ons dorpie kom koop het. Sy was gaande oor die stilte, die kalmte, die koeie wat langs die dorpsdam wei en al ons gawe ou mensies wat haar so hartlik verwelkom het met vye uit Servaas se boord en vars mielies uit Gys se stukkie groentetuin.

Lees maar die eiendomsbylae in die Saterdagkoerant en kyk hoe besing hul ons ou dorpie se deugde ... “Rustige, landelike dorpie met ’n ouwreldse sjarme, slegs twee uur se ry uit die stad ... Maak gou want die winskopies raak min soos wat meer en meer stedelinge hul wortels kom herontdek!”

Reken, nou wat moet ons ontdek wat nog al die tyd hier woon? Of is ons dan nou al so vasgewortel dat ons nie sal kan los nie?

Eiendomme is daar, ja, en liewe Ellatjie, die een met die nuutgekoopte gastehuisie aan die bopunt van Dorpstraat, wat ook die enigste ordentlike straat tussen die plotte is, het begin sorg vir die koop en verkoop.

Dit is nou maar ’n voordeel van lank op ’n plek bly dat jy mos weet wie besit wat en van waar en vir hoe lank. Eiendomme word maar oorgerf en einste stedelingkinders wat nie wil terug na die sogenaamde verspotte grootwordplek van hul jeug nie verkoop dan gou vir ’n appel en ’n ei aan wie ook al sou belangstel. Behoede dat hul ryk nuwe vrinne agterkom van waar die worteltjie nou eintlik vandaan kom.

Vals goed sal later ook vir hul ’n ou huisie naby ’n dam of ’n rivier koop om “weg te kom van die stres van die stad”, maar net nie daar waar almal help nat neuse afvee het toe hulle klein was, saamgejuig het oor hul eerste plek in die rugbyspan en saam help geld insamel het om hulle Cravenweek toe te stuur nie.

Nee, daardie deel van jou verlede is weggevee met jou LLB-graad, jou nuwe pos by ’n opkomende firma en die BMW langs die Land Rover in jou Toskaanse vierdubbele motorhuis. Dankie tog ons kon nie so maklik skuld maak toe ons jonk was nie, dan sou ons ook die vreeslike stresprobleem gehad het van vandag se jongetjies.

Om terug te kom na Ella - het mos reeds genoem sy is nou nie juis, wat ons ou dorpenaars sal s, onaansienlik nie. Inteendeel. Ella se bene gaan aan waar ander se beentjies ophou en sy weet dit. Sy trek ook aan soos een wat dit weet.

Nou is dit so dat die dorp se mans Maandagoggende uitsonder vir hul besonderse liefde vir tuinnatlei. Ons ou dorpie het net een hoofstraat, een kanaal en eintlik vry leibeurte vir almal, want water is daar genoeg Dis net, Maandae kom na Sondae en Saterdae, wanneer die stedelinge nou mos kom naweekhuis soek het. En Maandae trippel onse ou Ellatjie bank toe, al met Dorpstraat langs, voornemende kopers se aansoeke styf onder haar welgevormde armpie vasgedruk teen haar welgevormde borsmaatjie.

2

Soos wat sy vorder groet almal baie vriendelik en sy groet alte vriendelik terug.

“Mre, Ellatjie, goeie naweek gehad?”

“Mre, oom Bertus, ja, baie belangstellendes, dankie!”

“Hallo, oom Roux, hoe is die ou rug vanoggend?” Waarop oom Roux, met drie erge rugoperasies agter die blad, summier homself weer in ’n spasma ruk soos wat hy hoed oplig na haar kant toe.

“Hallo, tannie Sienie, hoe gaan dit met Jacques-hulle in die stad?”

“Goed, my kind, hulle sou kom kuier het die naweek, maar ai, die kinders hou hulle so besig.”

Mens hoor al wanneer sy by oom Gys verby is, want tannie Ragie begin gewoonlik kliphard na hom te roep wanneer sy hom vang by die huis uitglip.

“Gys, kom terug hier die tuin is klaar nat, dit is waarvoor Martiens elke Maandag hier is. Gys, kom nou hier, Martiens weet hoe die sluis werk Gys!!!!!”

Die ergste is dat Ella elke Maandag ’n tydjie afsonder om vir ou Martiens vriendelik te groet en na sy vroutjie Katrina te verneem wat jare in die gastehuis uitgehelp het voordat haar knie begin ingee het.

’n Mooie ou prentjie, die aanvallige vroutjie met haar kordate kort rompie wat so vriendelik met Martiens gesels, hy met sy ou hoedjie tussen die verrimpelde bruin hande, kaal voete in die leivoor waar hy besig is om blare uit te skep.

Ella het geweet by wie dit veilig was om te gesels.

Die eiendomsbedryf het al hoe groter geraak en dit was nie lank voor een van die groter eiendomsagente uit die stad vir Ella begin nader het om deel te word van hul netwerk nie. Ella het nou ’n splinternuwe klein motortjie gekry met ’n groot teken op die deur, haar gereelde stappies straatlangs bank toe iets van die verlede.

Die tannies kon weer ontspan maar die ooms was nou Maandagoggende erg iesegrimmig. Tot die dag wat die meubelvervoerwa voor Stefaans-hulle se huis ingetrek het. Ons was verstom, het niks geweet van ’n trekkery of selfs die moontlike verkoop van hul huis nie.

Dit is die dag wat ek besef het Wilgerfontein sal nooit weer dieselfde wees nie.

3

“Ons gaan ouetehuis toe, in die stad,” s Sienie, onderlip styf vasgebyt, “die kinders hou aan kerm dat ons nader moet trek, dit is te ver vir hulle om te ry met die wat die kinders so besig is naweke, dan kan ons sommer help kyk na die kleintjie as hulle moet weg vir die skoolsport. Beter vir almal so.”

“En jul huis, is dit dan verkoop?”

“Alles Ellatjie se werk, klaar ’n koper gehad met ’n goeie prys, ons kon nie nee s nie.”

Nie lank daarna nie is daar ’n meubelwa voor oom Roux se huis, ook weer ’n onbekende koper en die prys wat volgens liewe Ellatjie ver bo markwaarde is.

“So dankbaar vir Ellatjie, my laat besef ek sal nie vir ewig met my rug so op my eie kan bly nie.”

Ella het suutjies gewerk, kort voor lank ’n groter motortjie gekry, met liefde die dorpenaars gehelp om hul trekke te rel en dat die oordragte so gou moontlik afgehandel word sodat hulle met ’n geldjie in die bank hulle kon hervestig.

Ek het maar bly sit op die stoep van my kafee en na die dae verlang toe ons so gesels-gesels kon waterlei en laatmiddag die son kon sit en uitkyk voordat dit oor die bergkruin wegsak. Menige middag ’n soetetjie gedeel met Gys en Breggie, maar hulle is ook nou na die nuwe aftreeoord in die stad toe.

Die geheimsinnige kopers het nie gou hul intrek kom neem in hul nuwe huisies in Dorpstraat nie, nee, as ek vir Ellatjie daarna uitvra het sy net ges dit is mense met baie geld en baie belange, hulle sal nog kom.

Sy was besiger as ooit, glad met landmeters en bourekenaars nou die dag die straat af, natuurlik ook almal gaste in haar gastehuis. Wat sy vir hulle wou wys weet ek nie, maar dit was omtrent ’n bedrywigheid van die eerste water. Ek wou nie meer die straat afstap nie, die huisies met die le o was besig om vir my een te veel te raak.

Die een oggend het ek en my wederhelf nog bietjie laat gel teen die winterkou, die volgende oggend is ons vroeg wakker geruk deur reuse stootskrapers wat voor die voet eerste Bertus se huis, toe Sienie se huis begin omstoot.

Gys se prieel, waaraan hy so lank die wilde wingerd laat oprank het tot ’n digte dak waaronder ons laatmiddae die somerswoede kon trotseer, baklei dapper teen die ongenaakbare metaalhand se aanslag, Ragie se rankrose wat al deur talle tuinboukundiges besoek is omdat hulle van so ’n ou stok af kom, kners geurig onder die groot metaalwiele. Die sementbeeldjies waaraan stadige Robert eindeloos gesit en vorm het voordat hy na die spesiale inrigting geskuif is toe Servaas-hulle nie meer fisies vir hom kon sorg nie dit alles word platgetrap, omgegooi, verbrokkel.

4

Aan die einde van die dag was Dorpstraat slegs die skewe naambord waar jy afdraai net na die koeikamp; die leivoor vol stof, brokke sement, stukke pleister.

En asof oornag verrys, staan daar ’n reuse advertensiebord waar eens die huisdakke die bome verberg het digby die afdraai na Wilgerfontein.

“Ella’s Gholflandgoed en Villas ... waar jy jou aftrede in plattelandse weelde kan kom geniet. Veilig, bekostigbaar, idilliese omgewing” in groot letters teen ’n agtergrondfoto van ’n rustige plaastoneel.

Die aankoopprys vir ’n enkele kale erf ver bo wat sy vir elkeen betaal het vir hul huise. Ella met die mooi beentjies, gawe Ella, die liewe kind Ella ... Ella het haar eie dorpie gekry.



LitNet: 01 April 2005

Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.