SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

NasboekTafelberg-Uitgewers

SkryfNet II se inwonende skrywers


Petra Müller Petra Müller is op 27 Julie 1935 op die dorpie Botrivier gebore. Dié landskap van berge en saailande sou die patroon van haar lewe en haar skryfwerk word. Benewens verskeie kinderverhale is sy veral bekend as kortverhaalskrywer en digter. Haar digbundels is Obool, Patria (waarvoor sy in 1980 die Eugène Marais-prys ontvang het), Liedere van Land en See, My plek se naam is Waterval en Swerfgesange vir Susan, en ander. Kortverhaalbundels wat van haar verskyn het, is: Werf in die rûens, Voëls van die hemel, Die dwerg van die Infanta en In die omtes van die hart. Sy was jare lank redaksielid by Tafelberg-Uitgewers, waar sy keuring gedoen het en veral gewerk het met die ontwikkeling van jong skrywers.

boontoe

George Weideman George Weideman is op Cradock gebore. In 1966, op agtien, verskyn sy eerste digbundel, Hondegaloppie. Sy jongste digbundel is ’n Staning onder sterre (1997). Hy is ook die skrywer van verskeie jeugromans o.m. Die optog van die aftjoppers en Dana se jaar duisend. Draaijakkals (1998) is sy jongste roman. Benewens sy eie skryfwerk, bestee hy baie tyd en moeite aan die ontwikkeling van jong skrywers.

boontoe

SkryfNet II se skrywers


Manie Groenewald Manie Groenewald word as plaasseun groot in Coligny (die destydse Wes-Transvaal). Hy is tans ’n argitek in Pretoria, waar hy veral betrokke is by die bewaring van ons erfenisgeboue. Hy was in sy lewe ook al ’n musiekonderwyser en ’n marionettemeester. In die vroeë negentigerjare woon hy die ATKV-skryfskool aan die PU vir CHO by en waag sedertdien sy hand aan die skryf van stories.

boontoe

Tom Naude Tom Naude is ’n afgetrede sakeman wat altyd wou skrywe maar nooit so ver kon kom nie, behalwe vir notas in die onderste laai. Sedert sy aftrede sowat vyf jaar gelede het dit egter ’n missie geword.

boontoe

Hilde Nel Hilde Nel (17 Maart 1961) behaal in 1987 haar M.A. in Antropologie aan die Universiteit van Port Elizabeth. Eers werk sy as dosent in Antropologie aan die Universiteite van Suid-Afrika en Stellenbosch en daarna vir ’n jaar as mede-redakteur by ’n uitgewer in Kaapstad. Haar eerste gepubliseerde kortverhaal verskyn in Literator, April 1995. Tans bedryf sy haar eie natuurlike gesondheidsbesigheid in Groenpunt, Kaapstad, en studeer verder deeltyds aan ’n vierjarige diploma in Naturopatie.

boontoe

Janie Smit Janie Smit is gebore in Otjiwarongo toe dit nog deel was van Suidwes-Afrika. Sy het nooit formeel tale gestudeer nie, sy lees net baie. Tans is sy woonagtig in Kaapstad, waar die winterweer mens lus maak vir skryf en lees. Soms is sy te ernstig oor die lewe.

boontoe

Nanette van Rooyen Nanette van Rooyen woon in Groenpunt, Kaapstad. Sy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, en ’n jaar lank skoolgehou in Umtata. Sedert 1986 is sy werksaam in die uitgewersbedryf (Perskor, Delos, Juta, Vlaeberg, Tafelberg). Tans vryskut sy. Sy het reeds 10 kinderboeke gepubliseer, en sy is ook die wenner van De Kat/Human & Rousseau se Vonkfiksie Kompetisie, 1999.

boontoe

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.