
 
SkryfNet I se inwonende skrywers

Hennie Aucamp is n veelbekroonde skrywer en samesteller. Hy is lank reeds betrokke by skrywersbegeleiding en het ook n kursus in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Colombia bygewoon. Sy mees onlangse publikasies sluit in Lyflied, n versameling kabarettekste saamgestel deur Daniel Hugo en Koerier, n reeks kwatryne. Hy woon in Tamboerskloof, Kaapstad.
André P Brink is romanskrywer, dramaturg, vertaler en literêre kritikus. Sy werk is reeds in 30 tale vertaal, en hy het al verskeie internasionale eerbewyse vir sy skryfwerk ontvang. In 1982 is hy benoem tot ridder van die Franse Légion dHonneur, en in 1987 tot offisier van die Franse Orde van Kuns en Lettere. Hy is tans hoogleraar in Engels aan die Universiteit van Kaapstad.
SkryfNet I se skrywers

Merle Grace is in 1972 in Johannesburg gebore. Sy studeer B. Prim. Ed. met Kuns aan die Universiteit van Stellenbosch en doen later n honneurs in Afrikaans by die Universiteit van Port Elizabeth. Sy glo in magic en toeval en haar gunstelingseisoen is herfs. As sy eendag 40 and famous is, wil sy n gemmerkat hê.
Jaco Jacobs is gebore in Carnavon. Tans studeer hy Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Vrystaat in Bloemfontein. In 1998 word hy aangewys as die wenner van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se skryfkompetisie. Hy kom ook tweede in Sarie se kortverhaalwedstryd in dieselfde jaar.
François Loots het in die Karoo grootgeword en woon tans in Kaapstad. Hy het tale studeer en in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling gewerk. Hy keer dikwels na die Karoo terug, waar die verhaal Kranskop afspeel.
Susan Samuel is gebore op Kroonstad in 1977 en sy matrikuleer in Kaapstad. Sy voltooi n B.A.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch in Afrikaans en Nederlands, Filosofie en Engels. Twee van haar kortverhale word opgeneem in Kwela-Boeke se hoërskoolkortverhaalbundel: Another kind of One Nation. In 1997 wen sy die Stellenbosch SR-skryfkompetisie se ope-afdelig in prosa. Tans studeer sy Joernalistiek op Stellenbosch.
Hanni van den Heever is op Nieuwoudtville gebore en het op Piketberg grootgeword. Sy ontmoet haar man in Kaapstad, en vertrek later saam met hom na Skotland vir n jaar. Kort na haar terugkoms skryf sy voltyds in by die Universiteit van Kaapstad en verwerf n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands. Sy woon in Rondebosch.
|