SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Tweede gay roman deur Homeros

Wynand Haupt

Blomme vir Leon - Koop nou!Blomme vir Leon
Victor Malherbe
Homeros, 2000

Teenoor sommige boeke kan jy nie apaties staan nie. Party lesers sou dit verkies het as Blomme vir Leon “rowwer” was. Party, natuurlik, sal daarvan hou nes dit is. Party, selfs in hierdie eeu, sal wil hê dit moet eerder nie bestaan nie. En sommiges, soos ek, sal voel dit markeer die pas.

Daar is só min Afrikaanse “gay romans”, of dan eerder romans waarin die gay tema nie bloot ’n ondergeskikte rol speel nie, dat wanneer een wel verskyn, dit in ’n mate as verteenwoordigend beskou word. Dié boek is dan ook maar die tweede wat verskyn onder Homeros, die drukkersnaam vir Afrikaanse boeke vir gays.

Zirk, wat ’n openlik gay lewenstyl het en reeds in ’n verhouding was met ’n man wat vigs gekry het, raak op ’n Bolandse dorp deurmekaar met Leon, erfgenaam van ’n magtige wynplaseryk. Leon moet die geheim van sy seksualiteit dig hou uit vrees dat hy onterf sal word. Hy staan dan ook op trou.

Of dit nou wou of nie, Blomme vir Leon doen nie baanbrekerswerk nie. Die karakters redeneer en praat soms soos (ja, ’n mens moet dit sê) romantiese heldinne. En die issues is ou nuus. Baie gays kan voel dat nes protesliteratuur afgesaag geraak het weens sy voorspelbare aard en swart en bruin letterkunde dus deesdae op ánder temas fokus, ware “vooruitgang” hier sou wees om sekere temas nou as afgehandel te beskou. Soos die volgende: vrees vir vervolging, skuldgevoelens, die verwarring oor wat-nou, die gevoel van almal-is-teen-my, die gevoel van ek-moet-konformeer. Baie het tog verander die laaste paar dekades en is die hele ons-en-hulle-kwessie nie al oor en oor gedek nie?

’n Mens vermoed dat die straight gemeenskap sterk in aanmerking geneem is: hier is min wat “aanstoot kan gee”. Dit word duidelik gemaak dat liefde eerder as seks hier die dryfveer is. Ons weet dat beide Leon en Zirk “manlik” voorkom en dat Zirk klaar is met “bedhopping”. En daar’s genoeg wroeging. Dan is daar ook die veilig-niksseggende en nogal outydse omslag.

Tog is daar heelwat positiewe punte. Die titel is so kamp dat jy nie anders kan as om daarvan te hou nie. En Zirk het ’n aweregse, moderne lewensuitkyk. ’n Mens is jammer die boek het nie die moed van sý oortuiging nie. En jy wonder nogal soms hoekom hy sy tyd mors met die “agtergeblewe” Leon.

Die voorspelbaarheid hinder. Vir ander sal dit weer ’n bonus wees: soms wil lesers wéét ’n verhaal gaan ’n sekere patroon volg. En hoeveel boeke is daar immers wat as antwoord kan dien op ’n vraag wat op bladsy 5 gestel word: “Wanneer gaan iemand daaraan dink om ’n (Afrikaanse - WH) storie te skryf waarin die hoofkarakter sy hart verloor op iemand wat net so aantreklik en gespierd is soos hyself?” Maar die gevoel van voorspelbaarheid word versterk deur clichésituasies, soos dat Leon se meisie nou juis die vertrek moet binnekom wanneer die twee mans ’n bietjie vry.

Tog, hier is ’n gevoel van warmte en ek meen ek verklap geen geheime nie as ek sê daar is ’n gelukkige einde - soos dit hoort. Die roman is ook vlot geskryf. Die dialoog, as ’n mens dit as ’n liefdesroman benader, is goed gehanteer. Ook die seks. Vir gays wat steeds sukkel om met hul seksualiteit vrede te maak, kan dit troos of ontvlugting bied. Op ’n manier is dit ook ’n nodige boek: nes daar verskillende soorte straight verhoudingsverhale bestaan, moet dit ook die geval wees by gay fiksie.

Maar iets makeer. Oemf ...


Lees LitNet se ander resensie oor Blomme vir Leon.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.