|
Ontmoet Lulu, Katrina, Johnny, en hulle mense …Andries BezuidenhoutOns sit op die stoep van n kroeg in Stellenbosch. Dis warm, maar die bier is koud. Hier en daar bied n akkerboom skaduwee teen die son se byt. Orals loop skrywers, digters, dramaturge en akteurs rond, want dis die Woordfees. Jy herken hulle aan die bitter trek om die mond, of die kringe om die oë. Diep mense hierdie, sê Moord. Ek sien Brixton se wenkbroue lig agter sy donkerbril. Hy beduie met sy sigaret in die rigting van iemand met n t-hemp wat sê: Ek kan rock in my taal! Seker n professor wat probeer hip wees, sê Pat Plank. Só sit en kyk ons die mense uit die hoogte aan deur ons donkerbrille, oor die bier se skuim. En ek sidder om te dink wat die ander mense weer oor óns te sê het. Skuins agter ons sit twee ouens wat nie lyk asof hulle by die Woordfees uithang nie. Die een het n hoed op en die ander n kaalkop. Hulle lyk nie besonder aggressief nie, maar instinktief weet jy dat jy eerder nie met hulle kak moet soek nie. Die een maak n oproep met sy selfoon. Aanvanklik is hy vriendelik met die persoon met wie hy gesels. Hy vra hoe dit gaan, praat oor die warm weer, sulke tipe dinge. Ek sien Brixton se wenkbroue lig weer agter sy donkerbril. Moord draai sy kop so effens skuins, n bietjie soos Kaptein, sy pitbull terrier as sy n ander hond in die straat hoor. Dit klink asof die persoon aan die anderkant van die selfoongesprek dalk nie so gewillig is om by die programme in te val nie. Maar dit lyk nie of die kaalkop ontsteld is nie. Hy sê doodeenvoudig: Well, if we dont see changes soon, someone will be hired to dip you. Die gesprek is kort daarna beëindig. Die kaalkop het nogal geklink of hy bedoel het wat hy sê. Daar is mos sulke skadelose, dreigtipes wat vol bravade is, maar gevaarlike ouens praat nie baie nie. Hulle praat ook nie twee keer nie. Jy weet presies wanneer hulle ernstig is. As jy nie luister nie, is die alternatief eenvoudig: jy word gedip. En hulle dip jou nie self nie. Hulle kan bekostig om ander ouens te betaal om dit te doen! n Rilling n paar grade kouer as die bier loop teen my ruggraat af. Skielik voel ek ook nie meer so cool nie. Drug dealers, sê Pat. Dis seker al n cliché dat rocksterre aan dwelmiddels verslaaf raak, sê Koos Kombuis in sy song book. In my geval, sê hy, het ek egter n verskoning. Ek het in die dwelmafdeling van n psigiatriese hospitaal beland voordat ek enige dwelms gebruik het … Bly weg van daardie hospitale!!! In sy Verslaaf aan Ruk-en-Rol sing hy: Ek word wakker in die oggend langs n Gauloise Blonde Die beste van die lot, voel Koos, is egter ruk-en-rol. Sommige gemeenskappe verwelkom vreemdelinge in hulle midde. Ander wantrou enige iets wat nie bekend aan hulle is nie enige vreemdeling is per definisie n vyand. Ek kom uit só n gemeenskap een wat nie kan funksioneer sonder vyande nie: die rooi gevaar, die swart gevaar, die pienk gevaar, noem maar op eks seker almal weet waarvan ek hier praat. Tog is daar een tipe vyand wat erger is as die vreemdeling. Dit gebeur as iemand in die binnesirkel begin om draaie te maak wat afwyk van die gebaande weë as iemand met die vyand begin heul. So n persoon is erger as n vyand. Hy of sy is n verraaier. Vir verraaiers is daar bittermin genade. Die gemeenskap waarin ek grootgeword het, het natuurlik n aantal instellings geskep of vervorm om hierdie groepsidentiteit in stand te hou: skole, kerke, Voortrekkers, en selfs geheime organisasies by die werk. Elkeen van hierdie organisasies het bewakers gehad mense en strukture wat op die uitkyk moes wees vir verraaiers wat swig voor die vyand se versoekings. Daar was ook intensiewe sessies waartydens lede van die groep geïndoktrineer is. Hierdie sessies het gewoonlik plaasgevind by plekke waarvan dit moeilik is om weg te kom die woord eilandsituasie is gebruik om dit te beskryf. Die veldskool is seker die beste voorbeeld hiervan. Praat maar met enige wit, Afrikaanse persoon wat voor die 1990s op skool was hulle sal jou kan vertel van die gevare van bose dinge soos satansaanbidding, Kommunisme en popmusiek. Op skool en by die kerk moes ons dus tot vervelens toe na die waarskuwings van mense soos Rodney Seale luister. Op veldskool is ons gemaan om nie te luister na die verskuilde boodskappe oor dwelms en satansaanbidding in popmusiek nie. Van hierdie boodskappe, is daar beweer, word verskuil in die musiek as jy dit agterstevoor speel, sal jy hoor hoe jy aangemoedig word om LSD en ander verskriklike dwelms te gebruik. Daardie astrante Beatles sing dan selfs van Lucy in the Sky with Diamonds. Op die ou end het alles op een of ander vreemde manier iets met die Kommuniste te doen gehad. (Miskien sal iemand nog eendag die groot onthulling maak dat die Voëlvry-toer geborg is met geld afkomstig van die Sowjetunie!) Ironies genoeg, danksy Rodney Seale se intensiewe studies van rockmusiek, is generasies van jong Afrikaners bekendgestel aan baie bands wat hulle nooit andersins van sou gehoor het nie. Danksy sy praatjies by die kerk- en skoolsale kon n mens dan na die tyd na die plate gaan soek waarteen hy so gewaarsku het. Want as Rodney Seale daarteen waarsku, moet dit sekerlik die moeite werd wees om uit te probeer. AC/DC se plaat High Voltage is nou nog een van my gunstelinge, al kan Bond Scott self nie meer daarna luister nie. Wat is die punt wat ek hier probeer maak? Net eenvoudig dit: baie keer het die beheermaatreëls wat mense uit hul vrees vir die onbekende oor hulle kinders instel, juis die teenoorgestelde effek veral wanneer die wêreld waarin die vorige geslag lewe, soveel verskil van die een waarmee die volgende een gekonfronteer word. Nou hoor ek mense al kla: Roof, wat weet jy nou? Jy het nie eers kinders nie! Weet jy hoe vroeg begin hulle al met dwelms eksperimenteer? En weet jy hoe maklik bekombaar is dit? Laat ek dit duidelik stel ek probeer nie die misbruik van dwelms goedpraat nie. Alkohol is immers die dwelm wat seker die meeste verwoesting in ons land saai. Daarvan is ek deeglik bewus. Die punt wat ek probeer maak, is dat mense nie so n eenvoudige verband moet trek tussen rockmusiek en die misbruik van dwelms nie. As jy hierdie vreemdeling leer ken, eerder as om dit sommer voor die voet as n vyhand af te maak, sal jy nogal n komplekse verhouding tussen drugs en rock n roll vind (laat ons die seks maar vir n volgende keer los). Ek wil nie nou oor Hotel California en die steely knives, of oor Neil Young se needle and the damage done skryf nie. Kom ons bly vir eers by Afrikaanse musiek. Ek wil julle voorstel aan drie karakters baie van julle ken hulle reeds. Benewens die feit dat al drie stories te vertel het oor drugs, is dit drie briljante songs uit eie reg een van Clarabelle van Niekerk, een van Karen Zoid, en een van Koos Kombuis. (Al laat die onderwerp jou dalk koud, is dit die moeite werd om die CDs aan te skaf net ter wille van die songs dis nou as jy dit nie reeds het nie.) Op haar CD Roep die Engele sing Clarabelle van Niekerk: Lulu se woonstel was tot teen die dak Clarabelle is jare terug reeds die land uit. Haar vertrek was n groot verlies vir Afrikaanse musiek. Gelukkig het sy in die vroeë 1990s weer n CD hier kom vrystel Roep die Engele. Lulu is vir my die mooiste een op die CD. Die liriek praat oor n moeilike onderwerp, maar is juis baie subtiel. Die verwerking is ook sensitief vir daardie subtiliteit luister byvoorbeeld na die gebruik van n gewone akoestiese kitaar en klankeffekte om in musiek te vertel van die produk van rooi papawers. Daarna sing Clarabelle: Lulu Lulu Daars baie van ons wat weet waarvan sy hier praat. As jy sien hoe n vriend beheer verloor. As rede nie meer kan oorreed nie … Iemand fluister n paternoster Katrina is n karakter wat aan baie reeds bekend is. Sommige ken haar as ID du Plessis se Katrina van die Bo-Kaap: Katrina haat die lewe, Katrina vrees die dood, Katrina gaan haar slentergang, verdien haar bitter brood … Karen Zoid se Katrina verwys intertekstueel (soos postmoderniste sou sê) na hierdie een: Sy stap deur die bos Wiet gesê die Zoid-generasie lees nie gedigte nie? Hierdie Katrina deel haar pad met die heroinmonster en voel hoe sy asem in haar ore fluister. Later voel sy hoe n rilling in haar rug afwriemel en sien sy die engel van die dood: Katrina Katrina Katrina Katryn Behalwe vir die catchy tune hou ek van hoe Karen en Don Reinecke se kitare met mekaar praat aan die begin en die einde van die song. Dan is daar die baie gewilde Johnny is nie dood nie van Koos Kombuis. n Mens wonder soms hoeveel mense versigtig na hierdie liriek luister, en of hulle hoor wat Koos daarmee sê: Onthou jy nog die aande daar in Birdstraat, Birdstraat Aan die einde van Clarabelle van Niekerk se Lulu wonder sy waar Lulu nou is, en of sy nou haar mense ontmoet. Karen Zoid se Katrina was lief vir haar lewe en bietjie vir my, maar sy was te opgevang in haar hartseer en pyn. Koos se Johnny is nie dood nie, hys net uitgepass. Al drie is baie hartseer songs oor mense en substances of dit nou kokaïen, opium, heroïen of mandrax is. In Suid-Afrika, soos in die res van die wêreld, is daar soveel om van te kies. Sommige daarvan is wettig, ander is onwettig. Sommige is meer skadelik, ander is minder skadelik en wettigheid en onwettigheid hou nie altyd logies met laasgenoemde verband nie. Daars soveel meer keuses as jy baie geld het solank die geld hou, natuurlik. Rockmusiek moedig niemand aan om dwelms te gebruik nie. Afrikaanse rockers het ook nie nodig om boodskappe te verskuil nie. Hulle praat sommer reguit. Hulle praat die taal en idioom wat nuwe generasies verstaan. (Wie het in elk geval die tyd om uit te figure hoe om n CD agteruit te speel?) Hulle musiek konfronteer bloot die werklikheid waarmee mense elke dag moet deal. Soms praat die songs tong in die kies oor dinge waaraan mense verslaaf raak, soos Koos Kombuis se Verslaaf aan Ruk en Rol. Johannes Kerkorrel het by die Voëlvry-konserte gesing: Almal moet gerook raak, hoog soos n spook raak. Anton Goosen sing van majat wat sy hart gevat het. Maar soms is daar mense soos Lulu, Katrina en Johnny wat kom waarsku sonder om te preek oor wat kan gebeur as n mens beheer oor jou lewe verloor: Lulu, ons kan jou nie keer nie … Op die ou end gaan dit oor die vryheid van die individu om ingeligte besluite te kan neem. As gemeenskappe die morele korsette te styf trek, is mense geneig om met mag en mening los te breek kyk maar wat gebeur met sommige eerstejaars op universiteit. Maar as hulle die keuses waarvoor ons daagliks staan met voldoende inligting, eerlikheid en n oop gemoed konfronteer, kan mense die vreemde en vreemdelinge self leer ken en self besluit of hulle vriende of vyande is. Maar dalk is ek tóg nie die regte persoon om hieroor te kan praat nie … ek het ook n ongesonde verslawing aan ruk-en-rol. En ek is gelukkig nog nooit gedip nie.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |