PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Hemel. Hel


Francois Weideman

(die sirkelpad van hemel na hel en terug&nbps;….’n reis oor drie jaar)

Impulse van lig en vrede kom via die sinapse
— daai eerste oggend —
so te sê gelyk by die brein uit.
      Hemel.
Jy was reeds wakker of het nog geslaap,
ek kan nie onthou nie
maar jy was daar soos iets wat ek sou droom
toe ek jonger was en die aande selde sonder drif verloop het.
Miskien het ons koffie gedrink
en teëstribbelrig ons sakke gepak en droë vrugte.

      ”Kan ons nie net hier bly nie, seblief my bokkie?”

Hier aan die begin waar alles nuut en mooi is.
Abnormaal — in touch — sodat ek
begin verstaan waarvan die wind praat
en waaroor die reën so lag.
Die nuut
die mooi
verlustig.
Ons stoot toe maar aan deur die hemelse landskap,
verken die geweste aan elke bossie en klip en draad.
Die hemel is mooi
en vriendelik teenoor reisigers.

Mens is tog subtiel bewus dat dit die besteming is;
dat die reis nog voorlê,
maar as die liefde ernstig is,
moet die reis onderneem word.
Moet die onvoorwaardelike gevind word.
       Die bedreigde spesie hardloop
       skuil hardloop loer terug hardloop.
Sy skaduwee altyd net buite bereik.
So reis ons voort,
somtyds lag ons en somtyds luister ons na mekaar,
vir omtrent ’n jaar
Toe die stem.

Soos ’n stroom louwarm olie wat sê:
       “Welkom in die hel.”

Van hier af word alles betwyfel.
Wie ons was aan die werklike begin,
arrogant in onsterflikheid
       in eie gevoel
       geprojekteer en selfvoldaan in volwassenheid.
Gee die gegewes weg
en die duiwel lag.
Maar selfs toe was ek dapper
en rig my op jou om te sê
dat alles ok sal wees.

jy weg

Die hel moet alleen geloop word
maar ek weet dit nie.
So ek soek
vra rond
maar almal lag
of huil
en vra vir water.
Vra my of ek nie iemand anders sal wees nie
want dan sal dit ophou.
Ek wil nie
en ek weet nie
ek trek my skoene uit
sodat ek die aarde (hel) terra firma van verbeelding kan voel
en die blase bars
en groei weer toe
hard
soos een wat lank gereis het.

Die hel maak mal
en toe is jy weer daar
en skamerig
maar ek grynslag soos ’n dier,
want die duiwel ken die truuks
en
      ek
             laat
                  my
                         nie
                                vang
                                            nie.
Nou wil ek die banale drange van ou olie-stem uitvoer.
Toe hap ek na jou.

Weggehol
met net die beelde van jou ontsnapping
om my in die aande uit te tart.
Jy kom somtyds verby
wys met jou vinger
—  huil of lag dan.

Een oggend word ek wakker
en die stem is weg.
Die lente ruik vars.
Drie jaar terug kom staan voor my soos ’n déjà-vu-ding
en praat oor vrede.

Ek kyk op en sê:
      “Ek is lief vir jou.”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.