|
Volgstuk
Mark Sanders: "In die bus afgeluister": The intellectual in the cityUniversiteit van Johannesburg
NP van Wyk Louw, "In die bus afgeluister"Langs my kom sit 'n naturel, nie te naby, nie te ver nie, volkome ongeërg. Op die bank voor my sit reeds 'n ander, netjies aangetrek; hy het binnegekom met wat duidelik 'n bottel is in die hand, toegedraai in koerant maar hoegenaamd nie verberg nie. Die kêrel wat langs my sit is ook baie netjies geklee en het so bietjie-bietjie baard; hy het 'n donker-rooi nekdoek aan met wit stippels. Die kondukteur kom langs. Die naturel langs my begin hom baie stadig en rustig regtrek om te betaal: lig sy knie op, trek die broekspyp hoog op, en toon 'n heldergroen sokkie wat netjies aan 'n ophouer vassit. Hy werk so langsaam dat die kondukteur al by mense voorlangs knip en eers toe almal klaar is, terugkom. My bankgenoot is nog besig: uit die sokkie het hy 'n wit sakdoek getrek en dié vou hy nou omstandig oop; binnein is 'n paar banknote: ek sien 'n vyfpondnoot en 'n paar ponde. Hy haal een van die ponde uit, blaas 'n paar keer daarop, skiet-skiet dit met sy pinkie en presenteer dit dan. "Why don't you spit on it?" Stilte. "How far are you going?" "Seepunt. Enkel." Ek is verbaas dat hy Afr[ikaan]s praat. "Haven't you got smaller?" "Ek wil Seepunt toe gaan, en ek betaal." "You bl- kaffir ..." mompel die kond[ukteur,] maar hy begryp seker genoeg Afr[ikaans] om te weet wat Seepunt beteken. Hier word gehandhaaf, dag ek; en 'n bietjie daarvoor gely. Hoekom het ek self maar ewe laf Camps Bay i.p.v. K[amps]baai gesê? Die kondukteur gee stadig vir hom sy kleingeld, en hy tel saam, sjieling vir sjieling. Hy het byna 'n pond in sy hand, en die bus is reeds in Seepunt waar hy moet uitklim. Toe die kondukteur wegstap, hoor ek die naturel[:] "Ek is 'n Vrystater en ôrlaam." Dit verklaar vir my die handhaaf. En aan die praat kom ek agter dat hy al iets in het. En nou sien hy wat die ander vóór ons in die hand hou. "Haai, wat het jy daar?" en hy val byna vooroor op die voorste bank. Geen antwoord. "Komaan, waar klim jy af?" Geen antwoord. "Wie's jy dan so danig?" Baie deftig: "I am English alone." "Is dit brandewyn?" Geen antwoord. "Kom jong, ek gee jou four-and-six vir die bottel wyn!" Stilte. "Vyf sjielings!" Stilte. My maat lê nou mooi op die ander se skouer. "Kyk, dis 'n handvol geld! Klim saam met my af." Maar die ander hou wat hy het. En nou moet my Vrystater ook afklim - dít onthou hy darem - val-val teen twee wit vroue wat naaste aan die paadjie sit.
Transcribed from: NP van Wyk Louw, unpublished holograph notebook, 2.X.10, housed in the NP van Wyk Louw archive at the Document Centre, JS Gericke Library, University of Stellenbosch.
Mark Sanders: "In die bus afgeluister": The intellectual in the cityUniversity of Johannesburg NP van Wyk Louw, "Overheard on the Bus"A native comes and sits down next to me, not too close, not too far, with complete nonchalance. On the seat in front of me already sits another, neatly dressed; he got on with what is clearly a bottle in his hand, wrapped in newspaper but by no means concealed. The fellow that sits next to me is also very neatly clothed and has a little bit of a beard; he wears a dark red neckerchief with white dots. The conductor comes along. The native next to me begins very slowly and calmly to get himself ready to pay: lifts his knee, draws his trouser leg high up, and displays a bright green sock neatly attached to a suspender. He works so unhurriedly that the conductor is already clipping the tickets of people down in front and only returns when he is finished with everyone else. My seat-mate is still busy: from out of the sock he has drawn a white handkerchief and this he folds open ceremoniously; inside are some banknotes: I see a five-pound note and a few pounds. He takes out one of the pounds, blows on it a couple of times, flicks it with his little finger, and then presents it. "Why don't you spit on it?" Silence. "How far are you going?" "Seepunt. Enkel." ["Sea Point. One way."] I am astonished that he speaks Afrikaans. "Haven't you got smaller?" "Ek wil Seepunt toe gaan, en ek betaal." ["I want to go to Sea Point. And I'm paying."] "You bl- kaffir ..." mumbles the conductor, but surely he understands enough Afrikaans to know what Seepunt means. Here is a holding of one's own, I think to myself; and suffering a little for it. Why did I prove a coward in the same situation and say Camps Bay instead of Kampsbaai? The conductor slowly gives him his change, and he counts along with him, shilling for shilling. He has nearly a pound in his hand, and the bus is already in Sea Point where he has to get off. When the conductor walks off, I hear the native: "Ek is 'n Vrystater en ôrlaam." ["I am a Free Stater and an old hand."] That explains for me his holding his own. And from his speech I detect that he has had a little. And now he sees what the other one in front of us has in his hand. "Haai, wat het jy daar?" ["Hey, what have you got there?"] And he nearly falls over onto the seat in front of him. No answer. "Komaan, waar klim jy af?" ["Come on, where are you getting off?"] No answer. "Wie's jy dan so danig?" ["Who do you think you are, then?] Very dignified: "I am English alone." "Is dit brandewyn?" ["Is it brandy?"] No answer. "Kom jong, ek gee jou four-and-six vir die bottel wyn!" ["Come on, old chap, I'll give you four and six for the bottle of wine!"] Silence. "Vyf sjielings!" ["Five shillings!"] Silence. My friend is now pretty much lying on the other one's shoulder. "Kyk, dis 'n handvol geld! Klim jy saam met my af." ["Look, it's a handful of money! Let's get off together."] But the other one holds onto what he has. And now my Free Stater must also get off - this he does remember - staggering against two white women sitting closest to the aisle.
Translated by Mark Sanders LitNet: 01 November 2005
|
||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |