|
Tot siens ouma EstherGideon VisagieDie akkerboom het middeldeur gebreek, gedonner. Versien sou n terugblik op die toekoms word, n visie op die verlede. Die kersieboord dra, maar dis anders sonder jou. Ons het as kinders duiwe geskiet op die plaas. Tokkoman het pap gemaak. Maria se skaapvleis en aartappels was sonder gelyke. Wilhelm het nog sy gedigte voorgelees vir ons en Lotta. Oggende baie vroeg saam met oom Henrie geboer. Koring gemaal in die meuletjie in die shop. Stap rond in die kerkie, museum met alles mooi. Sit heerlik voor die kaggel in die winter. Gooi handevol stronke op. Bo die kaggel het eens gehang die vlamme-skildery van Wilhelm. Bo in die rondawel vry ek en n meisie nog. Haar lyf is warm en sag op die dubbel divan. Haar soene heerlik. Een van die laaste Kersfeeste nog saam. Die stoele van ouma en die divan versier my woonstel. Ons sal ouma so geliefd onthou. Ons almal mis jou baie tot siens. Vir my baie belangriker as Koningin Elizabeth van Engeland met al haar koninklike titels. Jy was Esther Ster van die Persiese satahrah of Assiriese sitarch. Nou skitter jou ster in die verre hemelruim. Shalom. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |