  | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
		
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		
			
				
					| LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. | 
				 
			 
		 | 
	 
 
 | 
		  | 
		
		
			 
 
 
 
 Sê die skrywer vir die terapeut
Madri Victor 
 
  (vir dr J) 
Sê die skrywer: 
só maklik moet verlossing wees! 
My woorde is ’n ongebore lam 
in die vlesige baarmoeder van my mond, 
verwek in sluwe tendrils van die brein, 
onwillig, 
maar om jou ontwil 
lê ek my weekliks voor jou neer 
op die altaar van papier 
op die altaar van jou geduld 
laat ek die veilige vrugwater agter 
in struweling van slym en bloed. 
Sê die terapeut: 
  só is jy gemaak 
  en dit is goed. 
Sê die skrywer: 
  só maklik moet verlossing wees; 
  want jy waak oor my  
  en pas my woorde op, 
  jy versamel elke een in die kraal 
  van jou bruin pasiëntelêer. 
  Jy is die vader aan wie ek bieg, 
  die moeder wat besorgd uitvra, 
  jy is die redder van drome, 
  die inkeerder, die oppasser, 
  en een-oog-koning. 
Sê die terapeut: 
  beter om die woorde, 
  klein, wit nat-neus woorde, 
  in te keer, te probeer beheer 
  as om dit te moet soek. 
Sê die skrywer: 
  só maklik moet verlossing wees! 
  As vader van verstotenes 
  sal jy tog moet verstaan 
  dat elke lam ’n offer is 
  vir Eensaamheid 
  daardie god wat so verveeld 
  sy dop ontydig drink 
  en saam met Verlies en Dood 
  ’n glasie op my klink. 
  Verstaan dan as ek sê 
  só maklik moet verlossing wees 
  soos om my woorde  
  een vir een voor jou te slag. 
Sê die terapeut: 
  ons maak goeie vordering. 
  Volgende week: ’selfde uur, ’selfde dag? 
 
 
 
  LitNet: 8 Augustus 2006  
   
 
terug    /     boontoe
		  | 
	
	
		
 © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. 
 |