|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Gladdepad
Kabous Verwoerd
Sy loop maar nog altyd die gladdepad.
Haar naam is Eenvoud.
Sy het 'n projektielasem vir elke ongeval.
Soms loop sy met afgemete
dringendheid deur my drome.
Ander kere verwyl sy net my dae.
Goedkoop liefdesverhale.
Sy lees dit eintlik maar vir niemand nie.
Sy is butterflies, petunias en 'n hand vol glas.
Deur 'n venster val die son.
Blokvorm op my vloer.
Die baard tussen haar bene glinster gerusstellend
en haar vleishake ruk repe uit my oggend.
Later kom die wêreld.
Koppies sigorei.
'n Drang na asem jaag ons.
Uit na buite
waar ons handgevas loop
onderdeur lamppale.
Hulle dra lankal nie meer diamantringe nie.
By 'n straathoek pluk sy
'n gebruikte kondoom.
Versigtig, teer van die straat af op.
Haar oë swik in my kop in
en sy spandeer met geweld
die laaste van my onskuld
waarsonder ek vir 'n lang ruk ongesteld sal wees.
Terug in die huis kleef ons
vleiserig aan mekaar.
Ek ruk in haar in.
Sy huilsnak na asem.
Nooit heeltemal haar eie nie.
Laat 'n fluweel vuis teen my kies
en die indringende power
van vreemde kneukels teen vel
is ongemaklik om te veel oor te skiem.
LitNet: 23 Maart 2005
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|