PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Droomnag

Kabous Verwoerd

Ek blaai verveeld, aangeklam, deur tydskrifte rond
maar eintlik is die skrif lankal teen die muur,
in die onvaste rookkolom van ’n braai,
die krom-elmboog toonbankgeselsies van ’n kroeg;
almal het hulle heroes in Droomland,
selfs Hitler het sy simpatiseerders gehad
en ou Robey Leibrandt is tot vandag toe nog ’n saint,
al het hy met die duiwel brood gebreek.
My sigaret raak afval en die asbakkie is net-net te ver.
Story of this land’s life, ek sê.
Al die glase rooiwyn verwar my tot ek later
heeltemal beskonke en deurmekaar
by Danie Theron se graf hurk.
Vrugbare Afrika-grond wat deur my vingers peul.
Met oë wat sukkel lees ek die grafskrif.
Daniël Johannes Stephanus 1870-1900
Hy’t sy gat gesien by die Slag van Gatrand
op die vyfde dag van September.
Hy was dertig.
Dis twee dae en sewe en sewentig jaar later.
Ek staan agter die bloeiende hopie van
’n huilende stukkend geslaande man,
minute van klaar af met sy road to freedom.
Hulle sê hy’t met ’n wilde kyk in sy oë
opgespring en self sy kop noodlottig gestamp
en soos verwag in die regering se reaksie later
is daar ook ’n vergestalting van die held
in minister Jimmy Kruger, wat onder luide applous,
oor ’n lyk te sê gehad het:
“Ek is nie bly of hartseer oor meneer Biko nie,
hy laat my koud.”
Stephen Bantu Biko 1947-1977
Ook dertig.
Ek hoor iemand my naam in die agtergrond roep.
Hoes rou en probeer my oë oopmaak,
maar uit volksgewoonte bly hulle bot-toe.
Hierdie gedig het nie eintlik ’n slot nie.
Hierdie aand het nooit ’n einde nie
en deur die newels aangesweef,
kom die vergeldende skel stem van die radio
met die laaste woord:
“Everything’s a steal, everything must go.
Everything’s a steal, everything must go.”

16 Januarie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.