PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Operasies van die engel van hoop

Kabous Verwoerd

Die engel van hoop het vir jou gelieg.
Sy het jou op beddegoed van sy afgelaai
met ’n view van ’n park en ’n water feature.
Sy het niks gesê van die natgeswete kol
in die middel van die bed en die omgevalle koppie
langs ’n gebreekte leesbril onder ’n flikkerende lig
waar die vorige slaper in vrees ontslaap het nie.
Ek hoop jy vra jou geld terug my broer.
Ek hoop jy sien eendag die tonnel in die lig.
Sit jy darem nog soms laatnag alleen op die stoep
met jou ken in jou hande en jou kop oop vir die wind?
Ek vra, want ek weet dis al wat jou sal red;
hierdie rare oomblikke van oopmaak vir die aarde
en toemaak vir die onsinnige geraas van mense.
Die engel van hoop het vir jou gelieg my bra.
Daai blink glimlag het net geblink weens
die totale afwesigheid van alle lig en waarheid.
En al was sy vir jou so mooi, so eg, so absoluut
het jy tog jou naam in haar lag gehoor toe
sy haar skouers opgetrek en jou nek omgedraai het.
Die engel van hoop het jou eenvoudig gelos vir die dood
en geloop ...

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.