PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Simfonie in C[1]


Gloria Christus

Pieter Verster

God uit God Lig uit Lig Waaragtige God uit Waaragtige God
Nicea

Uit uitspansels van nuwe klank: ligte tromme -
sonore basuine ’n lied oor die oerpuin,
en die silwer strykers streel die skepping nou oop,
wanneer Hý stralend uit niks skep lewe en hoop.

Soos Hy eenkeer later vir Lasarus laat lewe uit die dood!

Picollo praat, luit en fluit laat wêrelde spruit,
die strykers het pret met die plet van die oerstof,
met oker oë begin die skepping self kyk
net hoe mooi Hy die klei vorm uit die eerste slyk.

En alle andantes van hoop bly sirkel ewig om en om ...

Op die ritme, wendings wat oor heel die aarde
toe en ingevou begin opbou en uitbreek
as lawa uitstroom en dorstig smee aan die droom.
Fagotte lok die eeue: “Luister tog nou net

hoe die tyd nou self al die geheime uitlê.”
En Hy het geglimlag en die simbaal geslaan:
Met net een knal die Heelal nuut en vry laat klink.

Hy sou mos uit ’n nag van duisende duiwels genesing bring.

Horing en ghitaar: gou, hoor net hoe lok hul lied
wat sypel uit snare en klink uit kopertuit
met vroeë towerende verrassings van lig,
as Hy met sy hand in die donker gange

strale en blinkers opskiet en strooi in die lig:
’n kreet blydskap van koperblasers wat inwig
teen dowwe duister van die vlugtende gewrig:
Hy is altyd en altyd die Één van die dag !

Harp, stringe lig en spektra uit die uitspansels
vir jou en vir my, want nou reeds voor die wit son
skyn die trillend-blye en verbysterende
ligtende lig - strykers wieg in die reën van lig.

Net Hý kan alle klank en instrument met tyd en lig verweef.

Blindes tas en sien wanneer Hy later weer die hemel beveel.

Toe die trae tjellos teen die vrolike harp.
En die uitspansels skei, swaar en seker en goed -
vorm en bou en smee die pas gekloofde ruimtes.

Die lig van die harp glip uit na die hemele
en die fagotte dreun met die nuwe begin.

Eendag sou Hy self vooruit uit die gekapte klipgraf vir ons gaan.

Die see kwyn baldadig oor die geil aarde weg
met klanke van ligte kloppende xilofoon.
Vrolik neem die strykers dit weer op, golwe groei
in die musiek van die blye see teen die land,

Hy triomfeer oor alles met sy hand en loop
op die seë en die ruisende riviere.

En uit die aarde spruit rissies en radyse
en sommer somerse olywe, pynappels,
soetappels, wat wit verrooi, terwyl die koring
sommerso kerjakker. Hy voed ons met die druif,

Hy wat weer en weer die ontkiemde sade in stingels laat wuif.

Dwarsfluite:
as Hy sy kleine mossies mos
optel en uitdos.

Orangoetangs kaperjol in klarinette,
soepel in bamboesnette, met snoep sjimpansees
ietwat verwonderd oor taaie ruie varings
in die bos en die swaaiende toue en mos.

Hy sou die verlore seun by sy tuiskoms van verlange bevry.

Kontraste en fugas in die ouverture -
Die orkes beier baldadig en jubelend.
En wie loer nou daar eerste as mens uit die niet,
as Christus die lewe met sy hande gebied?

Nou leef ons, prettig soos die klein-kleine miertjies,
wat rond en bont bly tol en rol en besig bou.

Na die dae van waak, is Hy soos iemand wat bietjie-bietjie
wegraak, en met sy Vader uitrus nadat alles gemaak is.

Oomblikke van scherzo -
die dood
blus
ons klein lewenslus.

Gebreek is Hy.

Toe is ons is deur Hom bevry.

Hý stralend, eerste uit die graf,

En ons die skare agterna!

Hoor nou snaar en viool en fluit, orals bars dit uit!

[1] Erkenning aan George Weidemann


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.