PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Ode

Pieter Verster

Skepe, met seile
van my verlange, vat
die gedagtes in die wind.

En ek slaap, geskulp, ’n fetus in die dood.

Hoe sal ek weet teen water kus
klots die lewe soos reëngeritsel?

Die stories,
wat oorvertel word van weemoed en laaste heldedade,
glim in reënruite.
Ou monumente is soos standbeelde
van weersin en ononthou.

Weet die skisofrene hoe ver die liefde lê?
“Dis ’n droom, dis ’n droom.”

Miskien sal ek soos die eerste dooies droom oor die lewe.
’n Wete dat hoop iewers stroom
soos leiwater, soos onthou
van dié Iemand wat lewe.

Ek word ’n fetus wat weer die lewe voel klop,
met die dood geliefdes wat
net nog weet van mekaar
en sê: “Net die skisofrene weet hoe ver die liefde lê:
‘Dit is ’n droom. Dit is ’n droom.’”

Die slagvelde huiwer agter ons,
ewige begraafplase van ons hoop.

En tussen die grafstene dans
hulle wat te vroeg
sou sterf.

En die skisofrene sê: “Die liefde? Dis ’n droom, dis ’n droom.”

Skryf my woorde nie ons herinneringe nie?

Iewers word
inskripsies ontsyfer,
woorde met betekenis -
lewend.

Gister word vandag.

Vandag, onseker, soos
sang van soldate
voor ’n laaste opdrag.

Kinders sien
engele, opgeefsels soos
tentflappe op ons vlaktes van verruimde haat.

Kinderoë verskiet ver
en ons monumente vir hulle
verstil soos mense in gaskamers.

Sterre sink in klein nagte,
soos uitgedoofde sonne.

En tog, genesend,
soos die wandeling na die dood,
is Hý vir ons.

Fetusse prewel,
gestorwenes sug vir eers oor die nuwe verwagting.

Ons reik op die huweliksdag na mekaar
en hou ’n oomblik die lewe vas.

Sal ons anders kan kyk?

Die lewe is oopgeskryf
in genade,
en ons bundel ons laat versoening.

Sonsverduisterings verhul laaste gedagtes.

Nou kom nuwe drome wat elkeen moet droom
om te loop op die krans
by die see
van die
nabye
liefde.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.