|
Sonja VerbeekUit die gevormde literatuuris daar altyd weer literatuur te haal! Konfyt uit die konfytblik, bors uit die buustelyfie, heuning uit die seskoek-sel. Op die temas van die jagses en van die halfverdwaasde hygers is dit moontlik om variasies, antwoorde, loftuitinge te versin (o Babette!), maar dis onmoontlik om n vers te proe so diep tussen jou wye, oopgestrekte bene. Jou passiebomme bene, jou bene wat oopgaan soos n passer op die A-vier ruimte van my bed o jy is n slet jy bom uit uit uit na die heerlike heerlike heerlike helder o-o-o-elaloeloe orgasme van ons liefde in woorde. En omdat geen vibrator voorhande is nie moet ek terugkeer na die vinger na jou binneste binneste weefsel en jou bespie; sodat en opdat ons in woorde, wat net klank en gil is (sjuut die bure hoor, my bruid) die na-naai na-naai die eina deina dana das so netjies laat pas. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |