|
Sonja VerbeekEk wonder of jy somsEk wonder of jy soms, wanneer die wolke soos dartelende ballerinas baljaar en die see soos n bronstige hings runnik en die bome soos blaffende, onrustige kwêvoëls raas ons heerlike, heerlike liefde onthou? n Liefde so sag soos n marshmallow in n koppie tee; n liefde so teer soos die slurpies van n lammertjie (smaak na teer, ek lus nog meer); n liefde so duursaam soos n extra-large Rough Rider-kondoom; O, n liefde so goed gevoeg soos die Voortrekker-monument! n Liefde so subliem soos rymdwang! n Mallemeule, rondomtalie van gekruiste rym! Ek wonder, o ek wonder of jy nog aan die dae dink, o welgepoetste beminde? |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |