|
Deirdre van der MerweWat sal jy sê, broer-predikant-kollega?Oor die orde van ordelikheidkan ons tot vervelens praat oor die goed en die kwaad en die wit Afrikaner Oor bakens en vestings en die kleur van jou vel oor waardes en sedes en al die goeie redes Maar wat sou jy doen as ek sê dit skeel my min want gister het ek gesien n eensame kind honger en smagtend na liefde my vrind? Wat sal jy sê? Van orde is daar geen sprake by die bed van n uitgeteerde man met verslaentheid in sy oë Honger en smart ken geen kleur en geen taal en wit en Afrikaner is maar n vaal samevoeging van klanke en lettergrepe te midde van vooroordeel en arrogante diskriminasie En wat sal jy doen as jy die barmhartige swart hand vandag na my uitgesteek moes sien en ek oorstelp van dank net n mens gesien het? En as ek na jou wit ivoortoring van suiwer vooroordeel kyk dan vou ek my sensitiewe hande in gebed en dank God want jys grys |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |