|
as ek bid is dit n interessante geleentheidAdolph van Coller(ter nagedagtenis aan Ralph J Rabie)as ek bid is dit n interessante geleentheid soms voor n speech op n troue soms in die arms van vroue met n stokkie in grond of op papier in n times new roman font as ek bid is dit n interessante geleentheid op n gegewe oggend is die radio dalk aan of op n ander dink ek dalk aan n meisie of n man wat n verskil wou maak soos ralph johannes rabie of wie ook al maar
as ek bid is dit merendeels n interessante en geloofwaardige geleentheid waar ek onder andere vra vir n simpatieke tolerante suid-afrika of sommer vir dit en vir dat soos vir n houtvloer of n mat of vir n somervakansie in n winterstad soos moskou of vir n meer sensible computer password wanneer ek hou van potchefstroom maar ek haat die alabama ek shop eerder by woolworths as by die hyperama" binnekort expire of soos vanaand wanneer ek namens johnny vra vir gert van de merwe-jewellery aan sy hand en vir n lekker lekker plek met kaapse wyn en sonneskyn as hy eindelik arriveer waar ons almal wil wees - aan die anderkant
Johannesburg 17 November 17, 2002 |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |