|
Wil woorde op wit uitgee (en nie net op wye web)Nikodemis van RensburgHy wil graag grepe uit sy gomgatwoordspel-verlede asook uit die hede (en wat nog kan kom) op papier neerpen vasvang en druk indruk verdruk beïndruk oopruk soos n tradisionele lekkerny n skaapkop waaruit die donkerte en dít wat vir die lig onbekend is in die wit kollig van papier die harsings van die dier smullekker opdis die mond moet water die lippe lek vir woorde wat soos soetkoek die onkunde vervloek en opnuut van voor af hom van n vliegrit voorsien die anker van vashou laat gaan vir die nodige verhelderende besoek aan die maan 18 November 2001 |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |