|
Rian SwiegersDie buffeltropIn die verte op die horison Word hulle opgemerk. Met n rooi stofwolk kom hulle, Die stippels, in stilte nader. Omring in n dorre veld, kaal geskroei: Tekens van koue wintermaande. Ver trek die buffeltrop, op soek na water. Stadig stap hulle die skuinste af, Vir n wyle uit sig, agter die rant. Toe is hulle weer daar: Wyd uitgestrek stap die trop, Moeg en uitgeput, Heel voor die leierkoei, Weerskante die hoede, bulle. Skielik steek sy en ander vas. Groot, sterk staan hulle, neusgate hoog en ruik: Daar kom hulle weer. Swaar pote dawerend in die stof, Kort, kort lae bulke uit die trop: Die eindpunt is bereik. Draf, draf die laaste ent, Almal kniediep saam in die watergat, Gepantserde koppe dadelik laat sak, Lang teue gegee, Saamgedrom en gesuip. Teen laatmiddag is dit klaar. Almal se dors geles. Een vir een word daar omgedraai, Stadig die bosse in beweeg. Die dag reeds verby En teen skemeraand is almal weg. Die watergat weer stil en verlate Soos dit was Voor die koms van die buffeltrop. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |