|
François SlabberEngNog n tipiese Oktobernag: Rukwinde en weerlig, donderdreun en reën. Bome buig en takke krap teen vensterrame. Iewers klap n deur en my kers knip sy oog. Maar ek is nie bang nie al is ek alleen. Ek sit snoesig warm met n koppie tee en bekommer my oor liefde en so meer. Ek lees my Bybel en trek my duvet tot onder my ken. Maar iewers daar buite in donker gange en koue hoekies sit kindertjies alleen; Oumense verworpe. Alleen. Iewers in die koue nag sit n dogtertjie alleen. Kind, maar lankal vrou. Bang. Eensaam. Alleen. En ek drink my tee en trek my duvet oor my oë. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |