|
Lien Roux-de Jagern Trommeldeuntjiebloubessieblaar en tinktinkiesweet daar is iets wat ek weet, wat ek weet bittergalknol is verrinneweer en die ding moet jy keer, moet jy keer daars n aap in die bos kruisbessiesap! jyt gesoek van die oggend af vroeg bring nader die kruie, die wortels, die goed bring hier na die pot oor die rookvuur van my dat ek roer aan die doepa vir jou geel kolle, rooi kolle, groen kolle gras nastergal! jyt gesoek van die oggend af vroeg maar daar kort nog n ding in die doepa vir jou die doepa wat die keerwerk moet doen bloubessieblaar en tinktinkiesweet ek het vroeg al dié ding geweet bittergalknol is verrrineweer en die ding is n ding sonder keer |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |