|
Ivor PriceKind, weet jy nie?Weet jy nie, kind, dat ook jy wat snags tussen koerante op die Kaapse strate moet lê bedags alleen in besige wandelgange moet sit en dan later met n grommende maag die koue moet trotseer ook spesiaal is nie? Weet jy nie, kind, dat ook jy wat soms ander se semendruppels en slaanhoue moet aandurf vir goedkoopgeld en deprimerende nagmerries ook spesiaal is nie? Kind, weet jy dan nie dat jy wat net tussen woonstelle op die Vlakte wou speel en die slagoffer moes word van n Hard Living-koeël ook spesiaal is nie? Dit is juis jy wat n verskil kan maak in hierdie land met sy koue hart wat stadig aan t klop-klop is. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |