|
Ivor PriceDie dood van n vriendTer nagedagtenis aan Regan Roodestraatligte laat brand het met jou songlimlag het verhuis na n ongekende vredespaleis. Ek wat bloot as swerfling n bestaan moes voer dra nou noodgedronge die kers wat jy aangesteek het met jou laaste visite. Ons, jou uitbundige groep navolgelinge met stil trane, volg nou die lykwa met die gesmoorde ligte waarin jy vandag passasier is. n Legioen engele omgord jou lewenslose wese weg terwyl n dominus jou vertrokke besieling deur vibrasies in ons probeer voortblaas. Ek is so jammer, vriend, dat ek jou nooit vertel het hoeveel jy vir my werd is nie. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |